Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  OPINIE  

  SPOTPRENT  

  PEILINGS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Opinie
KOMMENTAAR, 9 Mei: Grondregte
08/05/2008 07:54:14 PM - (SA)

EEN van die goeie dinge wat voortspruit uit die verdeeldheid binne die ANC in Mbeki- en Zuma-kampe, is die wyse waarop dit behoorlike stukrag aan die demokrasie gee.

Binne die parlementêre opset gebeur dit deesdae gereeld dat daar nie meer uit een ANC-mond gepraat word oor relevante kwessies nie en dat swak dienslewering nie meer noodwendig toegesmeer word nie. Die jongste voorbeeld hiervan is die slae wat die kommissie vir die herstel van grondregte pas in die parlement gekry het, ook vanuit eie ANC-geledere.

Oor die noodsaak vir die herverdeling van grond in ons land was daar nog nooit enige twyfel nie. Ook nie oor die potensiaal wat dié kwessie het om op onverkwiklike wyse tot uitbarsting te kom nie.

Gewoonlik kry boere die skuld vir die gesloer met grondhervorming vanweë vermeende onrealistiese pryse wat hulle vir hul grond eis. Dit blyk egter nie die volle prentjie te wees nie. Dit lyk of dit eintlik die kommissie is wat nie heeltemal oop kaarte speel nie, onrealistiese verwagtinge skep oor die sukses wat hy hoop om te behaal en, in sekere gevalle, ook sy taak skandelik vernalatig.

Daar word ook nie genoeg gedoen om diegene wat reeds met grond – landbougrond – bemagtig is, te begelei en te help om dit volhoubaar aan te wend en te bestuur nie. Daarby word min gedoen om te help met opleiding, geld en toerusting. Dit bring mee dat die nuwe bemagtigdes bloot grondbewoners is en nie boer nie, soos wat die bedoeling van die restitusie-proses is. Dis ’n kommerwekkende stand van sake.

Dit word dus verwelkom dat ANC-lede sélf nou begin het om die blaam vir die stadige pas van grondhervorming te verskuif na waar dit kennelik hoort: die kommissie se swak hantering van sy opdrag.

’n Mens sal graag wil sien dat dit neerslag vind in strenger optrede teen die kommissie. Dis tyd dat die sweep geklap word oor hierdie sensitiewe kwessie.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |