|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Opinie
BRIEWE, 9 Mei: Die president slaap...
08/05/2008 07:53:22 PM - (SA)
EK verwys na die berig van 7 Mei: “Diewe steel kabels by Mbeki se ampswoning”.
Dis nie regtig iets besonders nie. Diefstal vind orals plaas.
Maar nou word berig dat die kontrakteur niks kon doen om die skade te herstel nie, want “die president het nog geslaap en ons is aangesê om eers vandag terug te kom”.
Laat dit u nie dink aan D-dag en die Geallieerde magte se aanval om Europa van die Nazi’s te bevry nie? Wat ’n krisis! Die Duitse offisiere besef hulle magte moet dringend versterk word. Dringende boodskappe word aan die hoofkwartier gestuur: Die pantsermagte moet gestuur word om die aanval van die geallieerdes hok te slaan. Die boodskap bereik der Führer se Arendsnes.
Maar dan die boodskap: Der Führer schläft und darf nicht geweckt worden!
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |