Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  OPINIE  

  SPOTPRENT  

  PEILINGS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Opinie
DONDERDAG AKTUEEL: Wat het van Zim se Bob ’n monster gemaak?
07/05/2008 07:03:51 PM - (SA)

ROBERT MUGABE, soos baie ander leiers van bevrydingsbewegings, het die verpersoonliking geword van die geweld wat hy gebruik het om die koloniale heersers te verjaag.

Dit het in die Rhodesiese bosoorlog begin toe Zanu-PF-leiers hul kamerade gemartel en vermoor het omdat hulle as mededingers beskou is.

Nadat Zanu-PF in 1980 aan die bewind gekom het, het hierdie soort geweld toegeneem onder die dekmantel van die staat. So byvoorbeeld is sowat 20 000 mense in die Matabeleland-slagtings van die tagtigerjare vermoor omdat hulle Mugabe-kritici was.

Die gruwels van Matabeleland is lank verswyg – eerstens omdat Zanu-PF-lede en -ondersteuners nie aan die vorige (wit) regime skietgoed wou gee nie en tweedens omdat hulle bang vir Mugabe se wraak was.

Maar ook Westerse lande het aanvanklik geswyg omdat hulle bitter graag ’n suksesverhaal in Zimbabwe wou sien.

Aktiviste van ander bevrydingsbewegings, ook Suid-Afrikaners, het aanvanklik saam geswyg oor die toenemende onverdraagsaamheid van Mugabe en sy kliek.

Dit is gedoen omdat hulle ’n suksesverhaal wou sien en omdat hulle nie as napraters van Mugabe se wit kritici bestempel wou word nie.

Mugabe het reeds vroeg die mantel van die Groot Leier aangeneem. Dit het gepaardgegaan met die kultuur van geen kritiek jeens sodanige leier nie.

Mugabe het derhalwe gemaak en gebreek soos hy wou. Hy kon sy kritici spoorloos laat verdwyn.

Met elke gewelddaad het hy meer van sy menslikheid ingeboet.

Die bevolking was vir hom net statistieke, nie mense van vlees en bloed nie.

Mugabe het die staat sy persoonlike eiendom gemaak.

Hy het Zanu-PF gesuiwer van alle moontlike mededingers, sy vertrouelinge in sleutelposte aangestel en die steun van tradisionele leiers gekoop.

Hy het ook sy greep op sekere kerke en hul leiers verstewig.

Aanvanklik het Mugabe en Zanu-PF ook die lojaliteit van burgerregtegroepe en onafhanklike waghondorganisasies geniet omdat hul leiers meestal uit die geledere van Zanu-PF aangestel is.

Staatsbeheerde media is gevestig, met redakteurs wat onkrities jeens die regering was.

Gewone Zimbabwiërs het bloot hul kop laag gehou om te kan oorleef.

Die meeste Afrika-leiers glo dat omdat hulle en hul bewegings teen die kolonialisme geveg het, hulle nou die Godgegewe reg het om alleen te regeer. Die blote gedagte aan ’n legitieme opposisie is vir hulle vreemd. Die bevrydingsbeweging is die mense, finish en klaar.

Nuwe splintergroepe, veral uit vakbondgeledere, word as verraaiers beskou.

Dit is hoekom Mugabe se mede-Afrika-staatshoofde, soos pres. Thabo Mbeki, hom nie kritiseer nie, want vir Mbeki-hulle is dit onaanvaarbaar dat Morgan Tsvangirai, ’n vorige vakbondleier, dalk aan die bewind sal kom.

Mbeki sal eerder Simba Makoni, die vorige Zanu-PF-vegter en kabinetsminister wat as ’n onafhanklike in Zimbabwe se pas afgelope presidentsverkiesing gestaan het, aan die bewind wil hê.

Solank dit net nie Tsvangirai, die vakbondman, is nie.

Ongelukkig het Afrika-staatshoofde nog nie geleer om die gewese leiers van bevrydingsbewegings te meet aan hul prestasies as staatshoofde eerder as aan hul werk in die struggle-tydperk nie.

Dit is ’n feit dat die meeste staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Afrika-unie nie in die volkstem glo nie.

Gevolglik is dit onwaarskynlik dat hulle Mugabe die trekpas sal gee. Hulle wil voorkom dat hul eie kieserskorps hulle eendag die deur wys. Hulle vertrou – soos Mugabe – dat hul mede-Afrika-staatshoofde hulle sal help om aan die mag vas te klou.

Mugabe leef in ’n borrel. Dít is waarom Mbeki en ander leiers van bevrydingsbewegings so kritiek belangrik is, maar dít is ook hoekom Mbeki-hulle swyg.

Op die onlangse SAOG-noodvergadering in Lusaka oor die verkiesingskrisis in Zimbabwe was daar wel ’n poging tot kritiek. Die president van Botswana, Ian Khama, ’n Afrika-leier uit ’n nuwe generasie wat nie bosvegters was nie, het daarop aangedring dat die versamelde staatshoofde Mugabe berispe.

Maar Mugabe se ouer kamerade, soos Mbeki, het geweier.

Dalk kan net ’n nuwe generasie van leiers sake in Afrika verander.

. William Gumede is die skrywer van die boek Thabo Mbeki and the Battle for the Soul of the ANC.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |