Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  OPINIE  

  SPOTPRENT  

  PEILINGS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Opinie
BRIEWE, 8 Mei: Persvryheid gaan oor meer as regte
07/05/2008 06:52:31 PM - (SA)

AAN al die lesers van Die Burger wat kapsie gemaak het teen die prominente plasing van die onderonsie tussen Steve Hofmeyr en ’n joernalis net die volgende: Dit is gedoen in die naam van persvryheid!

Ek verwys na die die rubriek Maandag Aktueel (5 Mei 2008) deur die redakteur, mnr. Henry Jeffreys, onder die opskrif ‘Tribunaal ’n wolk oor mediavryheid in SA’. Soos hy dit stel: die sensasionele aard van die Hofmeyr-berig (sensasioneel?) was maar een aspek van die besluit (deur Jeffreys self geneem?) om die berig so prominent te plaas.

En nou die ware rede: Dit het op die vooraand van Wêreldpersvryheidsdag gebeur en hoewel dit kwalik as ’n wesenlike bedreiging vir persvryheid voorgehou kan word, sluit dit tog daarby aan. Sy eie woorde.

Hoe? Nie wesenlik nie, maar tog?

Ag nee wat, as daar nou al ooit ’n geval was van wat iemand oor hierdie klas van verslaggewing gesê het “dirt disguised as uplift”, is dit nou ’n mooi voorbeeld.

En dan gaan die redakteur voort en skryf oor persvryheid en hoe dit gekoester moet word. En daarmee gee ek hom gelyk.

Maar as daar dan nou so sterk gepraat word oor die koestering van hierdie demokratiese instelling, hoe lyk dit met ’n opvolgartikel oor die media se verantwoordelikhede teenoor sy lesers? Want persvryheid is geen absolute nie. Nes menseregte ook nie. Dit gaan nie net oor MY vryheid nie, maar sekerlik ook oor ander se vryheid. En dan vanselfsprekend ook oor ander se verantwoordelikhede.

Joernaliste (ag, wat het tog van die gewone ou verslaggewers of sommer net nuushonde geword) het ’n onaangename taak. Brandsiek-inspekteurs, het wyle Willem Wepener hulle genoem. Noodsaaklik. Maar hulle het bepaald ook verantwoordelikhede.

En sal hulle (seblief tog!) ophou om die woordjie glo by te haak as hulle hul nie van die ware feite kan vergewis nie.

Wat het geword van die goeie ou beginsel dat jy verskillende bronne gebruik om te staaf wat jy van iewers verneem het? Of het glo die handige ou woordjie geword om maar te publiseer? Want agter hom skuil duisende duiwels. Dis net eenvoudig te maklik. Wie kan met jou stry? Dit het mos glo gebeur!

Die gevolg van sommer net gewoon luiheid of laksheid? En dan agterna te sê: “Ons doen maar net ons werk?” En hoekom respekteer julle ouens wat so kwaad raak nie persvryheid nie?

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |