Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 19º | Worcester 9º / 21º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 14º / 23º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
‘Selfs andersdenkendes in Zanu-PF is nie veilig in Zim’
15/12/2008 08:39:42 PM - (SA)

Zimbabwiërs het al in opstand probeer kom by wyse van optogte deur die strate van Harare, maar pres. Robert Mugabe se ystervuis het dit telkens gewelddadig onderdruk.

Selfs die MDC-leier, mnr. Morgan Tsvangirai, het al by die dood omgedraai nadat hy disnis geslaan is deur lede van Mugabe se “veiligheidsmagte” – hulle is immers veronderstel om na die hele bevolking se veiligheid om te sien, ongeag mense se politieke oortuigings.

Prof. John Makumbe van die Universiteit van Zimbabwe het verlede week op ’n byeenkoms van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad gewaarsku teen ’n opstand: “Ek dink God het ons gebede verhoor en geweld gekeer, want mense wat geweld pleeg, sal reg in Zanu-PF se lokval inloop. Hulle sal maklik 50 000 mense doodskiet sonder om ’n oog te knip.

“Die beste ding wat Zimbabwiërs kan doen, is om die pad te vat Suid-Afrika en Botswana toe, totdat daardie regerings vir Mugabe sê: ‘Ons het nou genoeg gehad’.”

Die talle vrae rondom die dood van mnr. Elliot Manyika (53), minister sonder portefeulje en Zanu-PF se nasionale kommissaris, is nog ’n bewys dat Mugabe nie skroom om andersdenkendes uit die weg te ruim nie, selfs in sy eie partygeledere.

Manyika is Donderdag in die land se nasionale heldeakker ter ruste gelê. Mugabe het die geleentheid gebruik om ’n vurige politieke toespraak te maak.

Manyika se broer, mnr. Allen Manyika, het aan rouklaers op sy begrafnis gesê sy broer is vooraf deur verskeie mense gewaarsku dat hy nie lewend sal terugkeer van ’n reis na Gwanda waarop hy vertrek het nie.

Elliot Manyika se Mercedes-Benz het van die pad geloop, maar wat daarna alles met hom gebeur het, wemel van teenstrydighede.

Makumbe se kommentaar: “Een van die stories wat die ronde doen, is dat hy met Mugabe geargumenteer het en aan hom gesê het: ‘Hoe durf jy daardie belaglike ooreenkoms (met die MDC) onderteken?’

“Mugabe en mense wat saam met hom werk, het blykbaar besluit Elliot ‘moet gaan’. En hy het nogal vinnig gegaan. Sy lyk het nog baie goed gelyk. Dit kon nie weens die motorongeluk gewees het nie.

“En jy is vry om my aan te haal.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |