Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 12º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Pakistanse agentskap ‘help Taliban-oproer voortsit’
12/08/2008 01:11:10 AM - (SA)

Kaboel. – Pakistan se intelligensie-agentskap help die Taliban om oproer in Afganistan voort te sit, het die bevelvoerder van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) hier gesê. In sommige dele van die land was daar vanjaar weens die insurgensie 50% meer aanvalle.

Die getal buitelandse vegters, wat Europeërs insluit, het ook toegeneem terwyl Navo se internasionale sekerheidsbystandsmag steeds soldate kort, het genl. David D. McKiernan die naweek gesê.

“Daar is beslis ’n mate van IDI- (Interdienste-Intelligensie-)medepligtigheid in die militantegebiede in Pakistan en organisasies soos die Taliban,” het hy aantygings van onder andere pres. Hamid Karzai van Afganistan beaam.

“Ek kan nie sê tot op watter vlak van leierskap dit gaan nie, maar daar is aanduidings van IDI-medepligtigheid . . . dermate dat hulle dinge vir die militante groepe wat uit die stam­gebiede in Pakistan kom, vergemaklik.”

Karzai het die IDI direk daarvan beskuldig dat hy die onluste in Afganistan aanvuur, maar Pakistan het dié beskuldiging verwerp.

McKiernan het gesê die onluste woed deels omdat Afgaanse en internasionale troepe in nuwe gebiede inbeweeg het. Opstandelinge het ook hul taktiek verander. Hulle werk nou in kleiner groepe en voer meer aanvalle uit terwyl militante-toevlugsoorde in Pakistan toegelaat is om te groei en nou meer vegters oor die poreuse grens stuur.

“Ongelukkig sien ons meer nie-Pasjtoen en nie-Afgaanse vegters as verlede jaar.” Die oproer sou “redelik vinnig” gehanteer gewees het as die Afgaanse grens veilig was en dit van die Afgane afgehang het.

Hy het gesê die opstandelinge sal waarskynlik volgende jaar se presidentsverkiesing probeer ontwrig en hy sal moontlik ekstra troepe aanvra. Navo se bystandsmag het meer soldate nodig sodat hulle sekerheid kan bied en Afgaanse sekerheidsmagte kan oplei.

Die duur van die sending van Navo se bystandsmag hang af van wanneer Afganistan die bestuur van sy eie sekerheid kan oorneem.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |