SAPA-AFP
09/08/2008 02:17:29 AM - (SA)
Maputo. – Mosambiek se hoof-opposisieleier het mnr. Robert Mugabe, president van Zimbabwe, gister ’n “politieke misdadiger” genoem en het onderhandelinge vir magsdeling om die land se krisis op te los, sterk afgekeur.
“Mugabe was eens my held, maar nou beskou ek hom as ’n politieke misdadiger vir die Zimbabwiërs wat die uitslag van hul keuse in die onlangse verkiesing ontsê is,” het mnr. Afonso Dhlakama, hoof van Renamo, gesê.
Die onderhandelinge om die Zimbabwiese politieke krisis op te los, is te kwader trou gevoer en is ’n “swak voorbeeld vir die res van Afrika en die wêreld”.
“Dit moedig Afrika-leiers wat verkiesings verloor aan om verkiesings te steel, op hul vriende te steun en aan mag vas te klou.”