Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
’n Nuwe span vir die 21ste eeu, sê Obama
02/12/2008 01:24:09 AM - (SA)

Washington. – Dit is die aanbreek van ’n nuwe begin vir Amerikaanse leierskap om die uitdagings van die 21ste eeu te bowe te kom, het mnr. Barack Obama gesê toe hy sy nuwe veiligheidspan aangekondig het.

In wat as Obama se “oorlogskabinet” bestempel is, het hy sen. Hillary Clinton, sy Demokratiese teenstander vir die Withuis, as sy minister van buitelandse sake aangewys en pres. George W. Bush se Pentagon-hoof, mnr. Robert Gates, as minister van verdediging behou.

Dr. Susan Rice, assistent-sekretaris van buitelandse sake, is sy ambassadeur in die Verenigde Nasies (VN), ’n posisie wat hy weer ’n volle kabinetspos maak. Goew. Janet Napolitano van Arizona is die minister van binnelandse veiligheid en genl. Jim Jones, oudhoof van die mariniers, sy veiligheidsadviseur.

Obama het met dié aankondiging in Chicago sy eerste blik gewerp op sy buitelandse beleid ná sy verkiesing as Amerika se 44ste president toe hy gesê het die land sal sy ver­moëns versterk om sy vyande te verslaan en sy vriende by te staan. Amerika moet sterk tuis én oorsee wees.

Sy ekonomiese krag moet sy militêre krag, sy diplomatieke hefboom en sy globale leierskap kan onderhou.

“Ons sal ou alliansies hernu en nuwe en langdurige vennootskappe vorm. Ons sal die wêreld weer wys dat Amerika genadeloos is in die verdediging van sy mense, standvastig is in die uitbreiding van sy belange en verbind tot die ideale wat as ’n baken vir die wêreld dien: demokrasie en geregtigheid, geleentheid en onwrikbare hoop – want Amerika se waardes is sy beste uitvoerproduk.”

Obama het gesê vir Amerika onder hom om suksesvol te wees, sal ’n nuwe strategie gevolg moet word wat alle elemente van Amerika se krag inspan en balanseer: sy militêre krag en sy diplomasie, sy intelligensie en wetstoepassing, sy ekonomie en die mag van sy morele voorbeeld. Die span wat hy saamgestel het, is uniek geskik daarvoor.

Hy het gesê Clinton beskik oor ’n buitengewone intelligensie en taaiheid en ook ’n merkwaardige werksetiek.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |