Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Konflik dreig oor kos, krag en waterr
21/11/2008 11:01:25 PM - (SA)

Washington. - Die eerste vooruitskouingsverslag wat sen. Barack Obama, aangewese Amerikaanse president, onder oë kry, skets ’n donker prentjie van die wêreld waarin talle mense na hom sal opsien vir leierskap.

Amerika se oorheersing kan eindig, met nuwe rolspelers soos China, Indië en Rusland wat die septer kan swaai.

“Die volgende 20 jaar van oorgang lê besaai met risi­ko’s,” lui die National Intelligence Council (NIC) se toekomsblik Global Trends 2025.

Dit skets in kort ’n tyd propvol konflik oor “hoogs strategiese hulpbronne” soos krag, kos en water. Die vraag na kos sal volgens die Wêreldbank teen 2030 met 50% toeneem.

Voeg daarby meer lande met kerntegnologie en die wêreld is gereed vir bitter botsings. Die middelpunt van konflik bly die Midde-Ooste.

Aardverwarming gaan sorg vir ekstra spanning met “omstandighede wat moeilik sal wees om te beheer”.

Die NIC se boodskap is dat wêreldleiers die voorspellings kan verhoed deur daadwerklik op te tree.

Nuwe tegnologie soos alternatiewe vir fossielbrandstowwe kan kos- en waternood verlig, maar die huidige tegnologie is onvoldoende.

Onder die voorspellings is dat terreurgroepe soos Al-Kaï­da gaan verminder, maar dat die dodelikheid van aanvalle deur ekstremiste kan toeneem weens beter wapens.

Amerika sal sy militêre voorsprong behou, maar gaan al meer uitgedaag word op wetenskaplike en tegnologiese gebied, ook deur “ongewone gevegstaktiek”. “Kuberoorlogvoering” sal toenemend Amerika se vryheid beperk.

Suid-Afrika – en die hele Suider-Afrika – word aangedui as ’n streek wat “waterskaarste nader” en waar meer as 60% van die rivierwater benut word.

Afrika suid van die Sahara gaan toenemend onstabiel raak, tensy daar volhoubare internasionale betrokkenheid is.

Suidelike Afrika sal die mees stabiele en belowende substreek in Afrika wees.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |