Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Buiteland
Obama se prestasie raak ons almal
13/11/2008 12:59:04 AM - (SA)

Dit is vandag ’n week sedert sen. Barack Obama sy aangrypende oorwinningstoespraak gelewer het. Waar hy as pas verkose volgende president Amerika se “Mandela-oomblik” vergestalt het, soos dr. Alberta Mayberry, Amerikaanse konsul-generaal, dit op ’n ontbytsessie by haar woning in Kaapstad aan gaste gestel het, kort nadat die uitslag aangekondig is.

Eerw. Jesse Jackson, ’n swart leier wat in die 1980’s self president probeer word het, het vroeër vanjaar in ’n onbewaakte oomblik in ’n ateljee gesê hy wil Obama se kn—ters afsny. Hy het gedink die mikrofone was afgeskakel.

Maar wat sy probleem ookal met Obama destyds was, het Jackson die keer in Obama en Amerika se groot oomblik kom deel. Jackson het in Grant Park in Chicago tussen duisende gestaan met trane oor sy wange, terwyl Obama Amerika en die wêreld geïnspireer en verenig het, soos voor ’n Wêreldbeker-eindstryd in die spankamer gedoen word.

Obama het sen. John McCain bedank vir die manier waarop hy die uitslag aanvaar het, en verwys na McCain se groot opofferings vir die land wat hy liefhet. Opofferings “wat die meeste van ons ons nie naastenby kan indink nie”.

Aan die 55 miljoen kiesers wat vir McCain gestem het, het hy gesê: “Ek is ook jul president, en het jul hulp nodig.”

En sy vrou, Michelle, “die rots van ons gesin” genoem.

Obama het verwys na mense wat snags wakker lê oor hoe hulle hul huispaaiemente en ander rekeninge gaan betaal.

Wat sê ’n mens oor hierdie historiese week?

Rassisme sal altyd daar wees, selfs in die mees politiek korrekte samelewings, maar Obama se aankoms op die globale politieke toneel is ongetwyfeld ’n reuse-sprong voorwaarts ten einde die nalatenskap van slawerny, kolonialisme en apartheid ongedaan te maak – in die geskiedenisboeke agter te laat.

Obama is tans die liefling van wêreldpolitiek. Sy opkoms verteenwoordig ’n kragtige wegbeweeg van rassisme en rasbewustheid. Hoe permanent dit sal wees, sal ­afhang van hoe goed hy regeer.

Die verwagting is dat sy bewindsoorname ook verskeie ander kenmerke sal meebring, soos wyse staatsmanskap, ’n konstruktiewe rol in Afrika, verstandige aanwending van Amerika se veiligheidsmagte, vernuftige ekonomiese landsbestuur, en ’n slim aanpak van klimaatsverandering.

Hoe goed hy dit doen, raak ons ­almal.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
520 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |