Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
’n Reddingswerker dra gister ’n oorlewende uit ’n ineengestorte gebou in die aarbewinggeteisterde Beichuan-distrik in die Chinese provinsie Sichuan.Foto: REUTERS
’n Reddingswerker dra gister ’n oorlewende uit ’n ineengestorte gebou in die aarbewinggeteisterde Beichuan-distrik in die Chinese provinsie Sichuan.   Foto: REUTERS
Buiteland
Dodetal in China kan tot 50 000 styg
15/05/2008 09:41:40 PM - (SA)

YINGXIU. – Die dodetal weens die aardbewing in China kan tot meer as 50 000 styg, het die staatsmedia gister berig terwyl reddingswerkers oorlewendes uit die puin probeer help het.

Drie dae ná die skudding vervaag die hoop vinnig vir duisende wat onder die rommel vasgekeer is.

Die jongste dodetal van sowat 20 000 is bevestig ná Maandag se massiewe skudding wat 7,9 op die Richterskaal geregistreer het.

In die dorp Yingxiu, naby die episentrum in die provinsie Sichuan, lyk 90% van die geboue onveilig.

Zhang Yuejiao (18) het uit haar skool gehardloop terwyl dit in duie gestort het. “Ons wag om te hoor wat met my broer gebeur het,” het sy kalm gesê. “Sy skool het in duie gestort en ons kan hom nie kry nie.”

Helikopters kom land elke 15 minute om die beseerdes weg te neem. Soldate het 40 km gestap om te kom help.

Die Kommunistiese Party het amptenare opdrag gegee om “sosiale stabiliteit te verseker”. Die krisis gaan gepaard met gerugte oor chemiese lekkasies, vrese oor gebarste damme en tallose tonele van desperate mense.

Nagenoeg 130 000 soldate het gehelp met die soek-en-reddingspogings in die puin van tientalle dorpe.

Meer as 12,5 ton noodlenigingsgoedere is per valskerm neergelaat. Volgens amptenare is voedsel, tente en satelliettelefone die dringendste nodig.

Talle inwoners in die gebied wat die ergste getref is, het gekla dat hulle min kos het en noodgedwonge besmette water drink. – Reuters

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |