|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Klimmers vertoon die Olimpiese fakkel, Olimpiese vlam, Olimpiese vlag, Chinese vlag en Beijing- Olimpiese vlag bo-op die kruin van die hoogste berg ter wêreld, die berg Everest – ook bekend as Qomolangma – in die outonome streek Tibet in China. Die kruin is 8 850 m hoog. Dié foto is gister deur die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua uitgereik. Foto: REUTERS
Buiteland
Olimpiese fakkel bereik kruin van Everest in Tibet
08/05/2008 09:24:30 PM - (SA)
EVEREST-BASISKAMP. – Die Olimpiese fakkel het gister die kruin van die berg Everest bereik. Dit was ’n emosionele oomblik vir China en die hoogtepunt van die fakkelaflos, wat onder anti-Chinese protes gebuk gegaan het.
“Lank leef Tibet!” en “Lank leef China” het die klimspan (22 Tibettane, agt Han-Chinese en een man van die Tujia-minderheidsgroep) geskree toe hulle die Chinese en Beijing-Olimpiese vlag ooprol.
Klimmers, amptenare en en- kele joernaliste het dae lank in dun, ysige lug en met basiese sanitasie gewag totdat die weer die finale skof toelaat.
Ná ’n vyf uur lange klimtog het vyf klimmers kort voor die kruin die aflos hervat in sterk wind en koue van -30 ºC.
Me. Ciren Wangmu, ’n etniese Tibettaan, het moeisaam en sonder suurstof die laaste treë tot by die spits gegee. Om 09:16 het sy dit bereik en die fakkel omhoog gehou. – Reuters
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |