Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Buiteland
Getygolf: Mianmar-dodetal nou op 22 500
06/05/2008 09:23:13 PM - (SA)

JANGON. – Die militêre regering van Mianmar (Birma) het gister aangekondig dat die dodetal weens sikloon Nargis, wat Saterdag toegeslaan het, tot 22 500 gestyg het.

’n Verdere 41 000 mense word vermis nadat dié reusestorm die Irrawhaddi-delta getref het.

Onder die dooies was net 671 in die hoofstad Jangon en sy buitewyke, het die staats­radiodiens bevestig. Nargis is bestempel as die vernietigendste sikloon wat Asië sedert 1991 getref het, toe 143 000 mense in Bangladesj dood is.

“Meer sterftes is deur die getygolf as deur die storm self veroorsaak,” het die minister vir noodleniging en hervestiging, mnr. Maoeng Maoeng Swe, op ’n nuuskonferensie in die puin­besaaide Jangon gesê. Kos- en watervoorraad hier word min.

“Die getygolf was tot 3,5 m hoog en dit het die helfte van die huise in die laaggeleë gebied oorstroom en weggespoel. Hulle kon nêrens heen vlug nie.”

Die minister van inligting, mnr. Kiô Hsan, het gesê die weermag doen sy bes, maar ontleders het gesê daar kan politieke nagevolge wees vir die heersers, wat hulle roem op hul vermoë om enige uitdaging die hoof te bied.

Die minister van buitelandse sake, mnr. Nian Whin, het vroeër gesê 10 000 mense het net in Bogalai, ’n dorp 90 km suidwes van Jangon, gesterf.

Ter aanduiding van die omvang van die ramp het die regerende junta gesê hy sal ’n grondwetlike referendum in Jangon en die Irrawhaddi-delta tot 24 Mei uitstel. Dié gebiede is die swaarste deur Nargis getref.

Die referendum op 10 Mei sal egter soos beplan in die res van dié land in Suidoos-Asië voortgaan.

Mianmar word al 46 jaar deur ’n militêre regering geregeer. Die referendum is deel van die weermag se “padkaart na demokrasie”, wat al erg gekritiseer is.

Die regering het die noodtoestand in Jangon en die Irra­whaddi-streek opgehef.

Beamptes van die Verenigde Nasies het geraam dat honderdduisende mense dakloos gelaat is deur die storm, wat met wind van meer as 190 km/h gepaardgegaan het.

Die ramp het daartoe gelei dat die militêre heersers in ’n buitengewone stap hulp van buite aanvaar het.

Skepe wat kos vervoer, is in die delta toegelaat.

Byna die helfte van dié land se bevolking van 53 miljoen mense woon in die vyf state wat deur die storm getref is.

Baie van Jangon se 5 miljoen inwoners staan tou vir gebottelde water. Vier dae nadat die sikloon verwoesting gesaai het, is daar steeds geen elektrisiteit nie.

Die prys van kos, brandstof en boumateriaal het die hoogte ingeskiet en die meeste winkels het nie meer kerse en batterye nie. – Reuters

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |