Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Buiteland
Sikloon: dodetal reeds 15 000, honderdduisende dakloos
06/05/2008 01:34:16 PM - (SA)

Jangon (Mianmar). – Sikloon Nargis het die dodetal hier volgens die staatsbeheerde media tot sowat 15 000 laat styg.

Honderde duisende mense is na wat berig word dakloos gelaat.

Altesame 10 000 mense het volgens die staatstelevisie in die dorpie Bogalai, in die laagliggende Irrawaddi-rivierdelta, omgekom. ‘n Paar duisend inwoners word nog vermis. Dié omgewing is die ergste deur die storm getref.

Die regering het die landwye dodetal van Saterdag se sikloon aanvanklik in die honderde geraam, maar het dié syfer sedertdien deurlopend aangepas.

Die storm, met windsnelhede van tot 200 km/h, het honderdduisende mense dakloos en sonder skoon drinkwater gelaat, het mnr. Richard Horsey, ’n woordvoerder van die VN se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede, gesê.

Jangon, die land se grootste stad, is sonder elektrisiteit, behalwe waar gasaangedrewe opwekkers beskikbaar is. Die meeste paaie is met puin besaai.

Thailand, die buurland, het aangekondig dat hy vandag hulp sou stuur.

Die regering het die internasionale gemeenskap om hulp gevra. World Vision, ’n private hulporganisasie, is versoek om sinkplate, tente, dekseile en medisyne te stuur.

World Vision het in ’n mediaverklaring gesê hy werk saam met regeringsamptenare om noodvoorraad in te vlieg. Weens swak kommunikasiedienste en paaie wat deur die storm verspoel is, is die situasie in landelike gebiede onbekend. – Sapa-AP

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |