|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Mnr. Ban Ki-moon Foto: EPA
Buiteland
VN-hoof ‘diep bekommerd’ oor Zimbabwe
05/05/2008 10:29:58 PM - (SA)
GENÈVE. – Hy is diep bekommerd oor die stygende vlakke van geweld en intimidasie in Zimbabwe, het die sekretaris-generaal van die VN, mnr. Ban Ki-moon, gesê.
Hy het gister ’n beroep op Afrika-leiers gedoen om die verkiesingskrisis vinnig en vreedsaam by te lê.
Ban het aan verslaggewers gesê hy beraadslaag met leiers van die Afrika-Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor hoe dié organisasies die situasie kan help oplos.
Hy het gesê van die idees wat hy wil bespreek, is om VN-gesante en VN-verkiesingsmonitors na Zimbabwe te stuur vir ’n uitklop-verkiesingsronde.
Volgens die Zimbabwiese Verkiesingskommissie het mnr. Morgan Tsvangirai, opposisieleier, 47,9% van die stemme op hom verenig in die presidentsverkiesing – meer as pres. Robert Mugabe, maar nie ’n volstrekte meerderheid nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |