|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Kenia se president, mnr. Mwai Kibaki (links) en die land se opposisieleier, mnr. Raila Odinga. Foto: REUTERS
Buiteland
Kibaki stel Odinga aan as kabinetshoof
14/04/2008 09:11:02 AM - (SA)
NAIROBI. – Die dreigende krisis in Kenia is ontlont toe pres. Mwai Kibaki dié land se opposisieleier, mnr. Raila Odinga van die Oranje Demokratiese Beweging (ODB), gister as hoof van die kabinet aangestel het.
Die geweldgeteisterde Kenia word reeds weke lank deur ’n krisis in die gesig gestaar ná ’n betwiste verkiesing.
“Ek stel vandag die kabinet van die koalisie-regering bekend,” het Kibaki gister in ’n televisie-onderhoud gesê met die nuwe eerste minister aan sy sy.
“Ek wil graag my mede-Keniane vir jul verdraagsaamheid en geduld gedurende dié tydperk bedank. Ek sal alles in my vermoë doen om Kenia op ’n pad van vrede, eenheid en stabiliteit te hou,” het hy gesê.
Meer as 1 200 mense is dood en nagenoeg 300 000 moes vlug toe geweld ná die betwiste verkiesing uitgebreek het.
Odinga het Kibaki, Kenia se langsdienende politikus, van verkiesingsbedrog beskuldig.
Die presidentsverkiesing van 27 Desember verlede jaar was die mees verdeelde in die land se geskiedenis.
Kenia se minister van finansies, mnr. Amos Kimunya, het sy pos in die nuwe kabinet behou.
– Reuters
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |