Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Buiteland
Neusie verby vir Clinton, sê media
24/03/2008 08:20:24 PM - (SA)

WASHINGTON. – Sen. Hillary Clinton se kans om in 2008 in die Withuis in te trek, is so te sê nul, sê verskeie politieke ontleders en koerante.

Die vermoede is dat die vrou wat as The Terminator bekend staan, in die Demokratiese Party se wedloop bly om haarself vir die presidentsverkiesing in 2012 te posisioneer.

Nadat Florida en Michigan aangekondig het hulle gaan nie nuwe nominasieverkiesings vir die Demokratiese Party hou nie, het Clinton se kanse om as die party se presidents­kandidaat aangewys te word, so te sê by die agterdeur uitgevlieg.

Clinton het honderdduisende stemme nodig gehad om ’n kans te hê om genoeg steun te werf om die ­super-afgevaardigdes se arm op die partykonvensie in Augustus te draai om vir haar te stem.

Maar op die oomblik is sy meer as 700 000 volkstemme agter sen. Barack Obama, sy is meer as 100 afgevaardigdes agter en daar is geen kans dat sy in die orige deelstate tot met 3 Junie Obama verby kan steek nie.

Die Clinton-kamp se jongste refrein gister was dat sy in meer deelstate met kieskollege-afgevaardigdes gewen het (wat in die presidentsverkiesing vir ’n Demokraat sal stem) as Obama – en dus moet die super-afgevaardigdes vir haar stem.

Clinton self was egter in 2000 hewig teen dié idee gekant toe George W. Bush vir Al Gore geklop het. Die 25 lede van die kieskollege in Florida is aan Bush toegeken, terwyl Gore die volksteun gehad het. Boonop geld die kieskollege-afgevaardigdes nie in die nominasieverkiesing nie.

Jim VandeHei en Mike Allen van Politico.com skryf: “Die enigste ­manier hoe sy kan wen, is as die ­Demokratiese super-afgevaardigdes vir ’n opstand van historiese afmetings ­onder die party se betroubaarste kiesersbasis kans sien.”

Mense wat dink daar is selfs die geringste kans vir die idee dat die swart kiesers vertel gaan word hul kandidaat, wat die meeste stemme het, het verloor omdat die partybase anders besluit het, “lewe op ’n ander planeet”, reken hulle. Die media hou haar veldtog nog lewend om een rede: Hulle is bang om kraters van hulself te maak.

Mark Halperin van Time skryf Clinton kan nie meer wen nie, tensy sy die wil van die verkose afgevaardigdes sal teengaan – iets wat die meeste Demokrate teen die bors sou stuit. Sy kan ook nie wen sonder ’n bloedige konflik op die konvensie nie – waarna, as sy wen, die geskiedenis en die meeste Demokrate haar as ’n “skelm” sal beskou.

Howard Kurtz van die Washington Post skryf: “Die Demokratiese wedloop vir die Withuis is oënskynlik verby, soos in geskiedenis, finis, kapot.” Hy vra egter hoe die prentjie kan verander as Clinton skielik in Pennsilvanië en daarna ’n rits oorwinnings behaal.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |