Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Jong krieketspelers op die hoofveld van St. Georgepark, wat deel van die minikrieket-wêreldrekordpoging was.
Jong krieketspelers op die hoofveld van St. Georgepark, wat deel van die minikrieket-wêreldrekordpoging was.
Streek
Duisende jonges stel rekord op vir krieket speel
16/05/2008 08:25:57 AM - (SA)   

PORT ELIZABETH. – Byna 1 000 opgewonde jong krieketspelers was gister hier op St. Georgepark vir ’n landwye poging om ’n Guinness-wêreldrekord op te stel vir die meeste kinders wat gelyktydig krieket speel.

Die meer as 6 000 kinders landwyd hét toe die rekord verbeter.

Die byeenkoms is deel van Bakers se 25ste jaar wat hy mini-krieket borg. Bakers-minikrieket is die oudste georganiseerde minikrieketprogram ter wêreld. Deur die jare heen was meer as 2 miljoen spelers al betrokke.

Kinders van tussen 6 en 12 jaar oud het gister op agt velde landwyd gespeel.

“Ek sien só ’n helder toekoms vir ons jeug as ek aanskou hoeveel talentvolle kinders vandag hier is,” het me. Ethel Sikwe­yiya, van die departement van sport en kultuur van die Nelson Mandelabaai-metropool, gesê.

Shaun Pollock, Mark Boucher en Makhaya Ntini het ook in hul jong dae minikrieket gespeel het.

J.P. Duminy van die Cape Cobras het gesê dit gee jong spelers die geleentheid om kinders uit ander gemeenskappe te ontmoet, terwyl mnr. Nabeal Dien, die hoof van die WP-krieketvereniging se amateur-afdeling, gesê het dit hou kinders besig, kweek ’n liefde vir die sport en gee hulle die geleentheid om basiese krieketvaardighede aan te leer.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |