Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Sowat 100 lede van die munisipale werkersunie Samwu het gister in Kareedouw betoog. Voor is mnr. Chris Theunissen met die fluitjie in sy mond.Foto’s: WERNER HILLS
Sowat 100 lede van die munisipale werkersunie Samwu het gister in Kareedouw betoog. Voor is mnr. Chris Theunissen met die fluitjie in sy mond.   Foto’s: WERNER HILLS
Streek
OOS-KAAP: Werkers eis dat ‘toeriste’ van Transkei nie poste kry
15/05/2008 10:07:24 PM - (SA)

KAREEDOUW. – Munisipale werkers vanuit die ou Transkei wat in die Langkloof aangestel is, was vir die inwoners hier die laaste strooi.

Dít het hulle gesê toe hulle gister deel­geneem het aan ’n protesoptog wat deur die munisipale werkersunie Samwu gereël is.

Van vroeg af het die byna 100 betogers met groot plakkate van die woonbuurt Kagisa Heights na die munisipale kantore begin beweeg.

“Genoeg is genoeg. Weg met die parasiete. Joubertina wil sy munisipaliteit terughê. Ons is moeg vir die skelms,” het een plakkaat dit uitgebasuin.

Tussendeur het werkers gereeld oor die luidspreker geskree: “Koukamma is nie meer Koukamma nie”, “Die riool in Louterwater lê so diep ’n mens kan daarin begrawe word” en “Die munisipaliteit neem aspris die geld weg van Koukamma se mense”.

Toe die skare by die munisipale kantore aankom, het me. Georgina Nzimela, streeksekretaris van Samwu, hulle toegespreek.

“Dit is nou of nooit. Vandag is net die begin. As hulle (die bestuur van die munisipaliteit) ons wil toets, sal hulle ons kry. Hulle moet reg wees vir die stryd, want ons gaan nie ophou voordat hulle (die werkers uit die ou Transkei) weg is nie.”

Nzimela het selfs gedreig om die munisipaliteit hof toe te sleep indien daar nie vinnig veranderings kom nie.

Die werkers is veral ongelukkig oor die aanstellings van adv. Fizile Gaushe, ’n direkteur in die munisipaliteit wat van die Ngcobo-munisipaliteit in die ou Transkei af kom, en die vergoedingspakket van me. Phumelela Mgwetyana, sy assistent.

Samwu het hier geëis dat sy afgedank word, ’n kleiner salaris kry of dat die salarisse van al die ander werkers in die munisipaliteit aangepas word sodat dit soortgelyk aan hare is.

Die werkers is ook ongelukkig oor ’n prestasiebonus van R61 274 aan die munisipale bestuurder, mnr. Mkhuseli Ndokweni. “Ons moet meer deursigtigheid hê,” het hulle gesê.

Van die ander eise is dat Gaushe en Ndokweni onmiddellik afgedank word en ’n nuwe burgemeester in die plek van mnr. Noel O’Connel aangestel word.

“Ons weier om ’n dag langer saam met die toeriste te werk,” het Nzimela gesê.

Nadat al die griewe uitgelees is, is die memorandum aan O’Connel en Ndokweni oorhandig. O’Connel wou hom nie oor die memorandum uitlaat nie. “Ek moet dit môre (vandag) aan die raad voorlê voordat ons enige besluite kan neem, maar ek verbind my vandag daartoe om ’n einde aan die ongelukkigheid te maak.”

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |