Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Eldridge Jerry, komiteevoorsitter van behuising en grondsake in die Nelson Mandelabaai-metro.
Mnr. Eldridge Jerry, komiteevoorsitter van behuising en grondsake in die Nelson Mandelabaai-metro.
Streek
OOS-KAAP: ‘Gaan Jerry vir wolwe gegooi word?’
15/05/2008 10:06:14 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – “Daar heers dubbele standaarde in die metro en nie almal word oor dieselfde kam geskeer nie.”

Só het mnr. Lawrence Troon, gemeenskapsleier en politieke aktivis in die noordelike gebiede, gesê oor die moontlike afdanking van mnr. Eldridge Jerry as komiteevoorsitter van behuising en grondsake.

Vroeër vandeesweek het aan die lig gekom dat me. Nondumiso Maphazi, uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, moontlik gaan swoeg onder politieke druk en Jerry die trekpas gee as burgemeesterskomiteelid.

Volgens ’n ingeligte bron hou die afdanking verband met die druk van die Zuma-gesinde ANC-lede, bekend as die Stalin-groep.

Dié groep plaas verder druk op Maphazi omdat Jerry se maatskappy, Isodef, betrek word by een van die 26 omstrede behuisingsprojekte wat deur die metropool ondersoek is. Die besonderhede oor dié projekte is saamgevat in ’n behuisingsverslag wat nog net deur ’n paar mense te siene gekry is.

Volgens Troon is dit vreemd dat die beweerde ongerymdhede met Jerry se maatskappy nou op die vooraand van die ANC-metro-streekverkiesing aan die groot klok gehang word, aangesien Isodef in 2003 sake met die metropool gedoen het.

Hy meen daar is duidelik ’n sameswering om van Jerry ontslae te raak. “Dit is blote verdagmaking en karakterskending. Dit sal tog interessant wees om te sien hoe die ANC Jerry gaan hanteer. Gaan hulle hom ondersteun of hom soos Alan Boesak vir die wolwe gooi?

“In die geval van Tony Yengeni, wat ook skuldig bevind is aan korrupsie, is hy eerder as ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende raad aangestel,” het Troon uitgewys.

Op eie bodem het Troon ook verwys na mnr. Beza Ntshona, voormalige voorsitter van menslike hulpbronne en begroting en tesourie in die metropool, wat bevorder is tot personeelhoof in die burgemeester se kantoor, ten spyte daarvan dat hy van bedrog en vervalsing aangekla is.

Die Burger het vroeër berig die saak hou verband met beweerde ongerymdhede met die verskaffing van T-hemde en ander goedere vir ’n menslikehulpbron- konferensie in 2004. Die saak is tot 14 Julie uitgestel.

Mnr. Dacre Haddon, DA-hoofsweep in die metropool wat aan die voorpunt gestaan het om Ntshona se beweerde korrupsie bloot te lê, was gister van mening dat hy nooit bevorder moes word terwyl ’n wolk oor hom hang nie. Oor die aantygings van beweerde korrupsie teen Jerry, het Haddon gesê dieselfde reël wat vir Ntshona geld, geld vir Jerry.

“Bewerings van korrupsie moet getoets word. Almal is onskuldig totdat hulle skuldig bevind is.”

Dit is nog nie duidelik of dit vandag Jerry se laaste dag as voorsitter van die komitee vir behuising en grondsake gaan wees nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |