Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Jeremy Davis voor die gebou in Sentraal wat tans erg vervalle en met ou rommel besaai is. Hy en die DA vra al jare dat die eienaar van die gebou, mnr. Ken Denton, oor dié vervalle geboue aangepraat word, maar daar het nog niks van gekom nie. Intussen het Denton vir Davis Woensdagmiddag op ’n komiteevergadering na bewering aangerand.Foto: EWALD STANDER
Mnr. Jeremy Davis voor die gebou in Sentraal wat tans erg vervalle en met ou rommel besaai is. Hy en die DA vra al jare dat die eienaar van die gebou, mnr. Ken Denton, oor dié vervalle geboue aangepraat word, maar daar het nog niks van gekom nie. Intussen het Denton vir Davis Woensdagmiddag op ’n komiteevergadering na bewering aangerand.   Foto: EWALD STANDER
Streek
OOS-KAAP: Denton eis Davis se kop
15/05/2008 10:04:43 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Dank die raadslid af, want hy hardloop aanmekaar na die media omdat hy ’n persoonlike vendetta teen ons onderneming voer.

Dié eis word vervat in ’n brief waarin mnr. Ken Denton, omstrede eiendomsmagnaat van die Baai, die afdanking van die DA-raadslid mnr. Jeremy Davis vra.

Denton vra ook die munisipale bestuurder om sy planne met die Wesley Court-gebou – een van sy erg vervalle geboue in Sentraal – op ’n “vertroulike wyse” te hanteer om “veiligheidsredes vir almal wat hierby betrokke is”.

Dit is ook oor dié brief dat Denton glo Woensdag vir Davis aangeval en nou ’n klag van aanranding en selfs deur ’n siviele eis in die gesig gestaar word.

Denton wou glo verhoed dat die inhoud van sy skrywe aan mnr. Graham Richards, munisipale bestuurder van die Nelson Mandelabaai-metropool, op ’n komiteevergadering van die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap (MBDA) aan Davis bekend gemaak word.

Hy het glo hardhandig geraak toe ’n kopie op Davis se aandrang aan komiteelede oorhandig is.

Die DA het al telkemale gevra dat die munisipaliteit teen Denton optree en hom dwing om die vervalle geboue te laat regmaak.

Die metropool sowel as die MBDA het ook al met regstappe teen Denton gedreig.

“Ek het nog nooit iemand aangerand nie en is nog nooit voor Woensdag só hardhandig deur iemand behandel nie,” het ’n steeds geskokte Davis gister gesê. Hy het in die skermutseling vooroor op sy gesig geval en beserings aan sy gesig en hand opgedoen.

“Hy dink om handgemeen met my te raak, gaan my laat stilbly. Ek dink nie so nie.”

Die Burger het vroeër berig Denton het onderneem om die onwettige bewoners van sy geboue uit te sit en met opknappingswerk te begin. “Daar het nog níks van gekom nie,” het Davis gister gesê.

Mnr. Lourens Schoeman, munisipale woordvoerder, het gesê nóg Richards nóg die burgemeester, me. Nondumiso Maphazi, sal op die voorval kommentaar lewer. “Hulle was mos nie daar nie.”

Hy kon nie sê hoe ver Richards se beloofde verslag oor Denton se geboue en die stappe wat die metropool teen hom gaan doen al gevorder het nie. “Ons sal in elk geval eers die verslag en besluite bekend kan maak nadat dit voor die raad gedien het.”

Mnr. Leon de Villiers, DA-koukusleier in die metro-raad, het gesê Denton se optrede word ten sterkste veroordeel. “Om ’n openbare ampsdraer te dreig is ’n misdaad en ons steun mnr. Davis se besluit om regstappe te doen ten volle.”

Denton kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |