|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Mnr. Sithembiso Yumata was gister in woordewisseling met die hofordonnans betrokke toe hy en familielede uit die landdroshof moes padgee omdat daar te min sitplek was. Hulle wou die verhoor oor die vermoorde Zwide-ses en ’n ouma bywoon.
Streek
OOS-KAAP: Familielid van Zwide-ses in twis by hofsaak
15/05/2008 10:05:40 PM - (SA)
PORT ELIZABETH. – ’n Chaos het gister hier in die stampvol landdroshof uitgebreek toe familielede van die vermoorde Zwide-ses beveel is om die hof te verlaat.
Die rede: Die voorste banke is blykbaar net vir hofamptenare en nie vir bedroefde familielede nie.
Die voorval het plaasgevind vóór die verskyning van mnr. Zolile Nelani (35) op ses aanklagte van moord.
Hy het na bewering op 25 Maart verlede jaar in Zwide vyf kinders in ’n bad verdrink en hul ouma doodgeslaan.
Die lyke van Esethu Makuwa (7) en haar sussies, die tweeling Lathitha en Kwathitha (3) en twee buurkinders, Simamkele Dlokolo (4) en Fezeka Kepeyi (7), is in ’n bad vol water in die huis van me. Julia Deliwe (60) aangetref. Deliwe, die ouma van die Makuwa-sussies, is glo met ’n skerp voorwerp aangerand voordat sy doodgeslaan is.
Nog voordat hof 25 in sitting was, het familielede van die vermoorde kinders en Deliwe opstandig geraak omdat hulle nie sitplek in die hof gehad het nie.
’n Hofordonnans het gesê die voorste bank is vir hofamptenare en lede van die media, “nie vir die algemene publiek nie”.
Hierop het mnr. Sithembiso Yumata, ’n familielid van een van die oorledenes, gesê hulle is familie en het ’n reg om op dié banke te sit.
Die hofordonnans het gesê hy weier om met die saak te begin as hulle nie die voorste bank verlaat nie. Ná ’n oor-en-weer-stryery het van die familielede in die agterste banke op ander mense se skote gaan sit terwyl ander in die gang gaan staan het.
Landdros Lungile Khonza het toe met die verrigtinge voortgegaan.
Nelani, onder streng polisiebewaking, se borgaansoek is tot 20 Mei uitgestel.
Volgens mnr. Thabo Sali, aanklaer, sal Nelani se vrou glo vir hom ’n prokureur reël. Die staat sal borgtog teenstaan.
Intussen het Nelani vroeër gisteroggend ook in die Baaise handelshof op bedrogklagte verskyn. Hy was uit op borgtog op dié klagte toe die die moorde gepleeg is. Hy is in Maart 2006 gearresteer nadat hy glo vervalste rybewyse verkoop het. Dié saak dien op 23 Maart in die handelshof.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |