Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Outeniqua Choo-Tjoe kan dalk weer Knysna toe loop. Sedert die vloede in Augustus 2006 is dié spoorlyn gesluit en loop die trein tussen George en Mosselbaai, maar me. Lynne Brown, Wes-Kaapse minister van finansies en toerisme, het ’n projekbestuurder aangestel om te kyk na die moontlikheid om die trein weer op die gewilde Knysna-roete te kry.Foto: MOSSELBAAI TOERISME
Die Outeniqua Choo-Tjoe kan dalk weer Knysna toe loop. Sedert die vloede in Augustus 2006 is dié spoorlyn gesluit en loop die trein tussen George en Mosselbaai, maar me. Lynne Brown, Wes-Kaapse minister van finansies en toerisme, het ’n projekbestuurder aangestel om te kyk na die moontlikheid om die trein weer op die gewilde Knysna-roete te kry.   Foto: MOSSELBAAI TOERISME
Streek
SUID-KAAP: Choo-Tjoe dalk weer na Knysna
15/05/2008 09:49:40 PM - (SA)

KNYSNA. – Daar is lig aan die einde van die Outeniqua Choo-Tjoe-tonnel.

Me. Lynne Brown, Wes-Kaapse minister van finansies en toerisme, het na afloop van ’n vergadering met Transnet en me. Eleanore Bouw-Spies, burgemeester van Knysna, aangedui haar departement sal alles doen om die stoomtrein weer op dreef te kry.

Die ikoon van die Suid-Kaap het in Augustus 2006 ontspoor nadat die spoorlyn tussen George en Knysna dermate beskadig is dat dit miljoene rande sal kos om te herstel.

“Dit sal sowat R100 miljoen kos om die spoorlyn tussen George en Knysna te herstel,” het Brown vroeër gesê.

Dié koste sal die opknapping van die afgeleefde waens insluit.

Me. Maria Ramos, Transnet se hoofbestuurder, het intussen aangedui dié semistaatsinstelling stel nie in die herstel van die spoorlyn belang nie. “Die Choo-Tjoe is ’n wonderlike bate en gawe mense werk daarmee, maar dis nie ons kernbesigheid nie.”

Transnet fokus ná transformasie op die vervoer van goedere, pypleidings en hawens.

Transnet het egter aangedui dat hy die spoorlyn steeds in stand sal hou.

Brown meen die ekonomiese waarde van die Choo-Tjoe vir die plaaslike gemeenskappe kan nie geïgnoreer word nie.

Sy het ’n projekbestuurder aangestel om ’n sakeplan saam te stel vir die trein wat sedert verlede jaar tussen George en Mosselbaai loop. Wanneer die sakeplan in werking gestel word, sal daar ook gekyk word na ’n sakeplan om die spoorlyn tussen George en Knysna weer oopgestel te kry.

Sy het ook ’n bestuurskomitee aangestel uit verteenwoordigers van Transnet, die betrokke munisipaliteite, die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en die provinsiale tesourie. Daar sal ook vir openbare deelname voorsiening gemaak word.

Mnr. Johan Coetzee, eienaar van die Grotto-restaurant in ’n grot naby die spoorbrug oor die Kaaimansrivier, het gesê hy sal sy onder­neming weer aan die gang kry as die lyn weer oopgestel word. ’n Rotsstorting het toegang tot die grot op die spoorlyn afgesny en die restaurant moes toemaak.

“Ek het baie skade gely aan ontwikkelingskoste en die versekering het net die inhoud vervang. Ons is al amper twee jaar toe en ons sal die onderneming weer van voor af moet opbou.”

Mnr. Rob Drummond, eienaar van Tranc 29 op die ou Wildernisstasie, het gesê toerisme is die “grootste volhoubare bedryf in die Suid-Kaap en dié nuus is fantasties”.

Dié restaurant was sedert Augustus 2006 net gedurende die somermaande oop.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |