|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Me. Raquel de Castro Maia en mnr. Colin Stephenson van Create Design™ in George. Foto: VERSKAF
Streek
SUID-KAAP: George-agentskap wen internasionale pryse
15/05/2008 09:48:36 PM - (SA)
GEORGE. – ’n Plaaslike agentskap wat in onder meer handelsmerk-ontwikkeling, drukwerk, webwerf-ontwerp en fotografie spesialiseer, het pas twee gesogte internasionale toekennings verower.
Mnr. Colin Stephenson en me. Raquel de Castro Maia is die direkteure van die agentskap Create Design™ in George.
By die Horizon Interactive-toekennings vroeër vandeesmaand in Indianapolis, Amerika, het die agentskap ’n silwertoekenning ontvang in die kategorie selfpromosie en maatskappy-identiteit vir sy portefeulje Create Design, sowel as ’n bronstoekenning in dieselfde kategorie vir die korporatiewe webtuiste Sylver Films.
Deelnemers uit meer as 20 lande het in dié kompetisie met mekaar meegeding.
Dit is nie al nie. By die Summit Creative-toekenningsplegtigheid in Portland, Oregon, het die agentskap ook ’n goue toekenning ontvang vir De Castro Maia se Illustrasie-portefeulje sowel as ’n silwertoekenning vir die korporatiewe webtuiste Sylver Films.
Deelnemers uit 26 lande het aan dié kompetisie deelgeneem.
Volgens Stephenson is hulle opgewonde oor dié eer.
“Dit is baie bevredigend om te weet dat (ons) ontwerpe in Suid-Afrika aan internasionale standaarde voldoen,” het hy gesê. – Suid-Kaapse redaksie
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |