|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Streek
René Burger: volledige veklaring
15/05/2008 12:35:59 PM - (SA)
Die familie van die Springbok Schalk Burger het ‘n verklaring uitgereik waarin bevestig is dat sy suster verkrag is.
‘n Verklaring is namens me. René Burger (20) uitgereik waarin bevestig is dat sy verlede week in die Kaap ontvoer, aangerand en verkrag is.
Die volledige verklaring lui:
Om die slagoffer van gewelddadige ontvoering en verkragting te wees is een van die mees traumatiese ervarings wat enige vrou kan oorkom. Jy het egter ‘n keuse oor hoe jy op hierdie realiteit reageer. Dit is die oortuiging van me. René Burger, bietjie meer as ‘n week nadat sy self deur drie mans van die Tygerberg Kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland ontvoer is.
Die suster van Springbok rugbyspeler, Schalk Burger, het mediaberigte bevestig dat sy op Maandag 5 Mei 2008 ontvoer is, maar enkele ure later daarin geslaag het om te ontsnap. “Die oomblik wat jy besluit om nie toe te laat dat iets soos hierdie jou waardigheid en selfwaardering, jou vertroue in ander, jou hoop in die toekoms en jou toegewydheid tot die land wat jy liefhet vernietig nie, hou jy op om ‘n slagoffer te wees,” sê die twintigjarige student.
Haar familie het hul verligting om haar veilig tuis te hê uitgedruk en wil van die geleentheid gebruik maak om vriende en vreemdes te bedank wat in hierdie moeilike tyd solidariteit betoon en ondersteuning bied. Die Burger familie het die media versoek om hul privaatheid te respekteer en die strafregterlike proses toe te laat om me. Burger se belange ten beste te dien. Geen onderhoude of bykomende inligting sal in hierdie stadium verskaf word nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |