Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Eldridge Jerry
Mnr. Eldridge Jerry
Streek
OOS-KAAP: Jerry kan pos kwyt wees
14/05/2008 10:37:22 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Die kop van ’n vooraanstaande lid van die burgemeesterskomitee kan moontlik rol weens politieke druk en ’n verdoemende verslag oor 26 omstrede behuisingsprojekte.

Na wat verneem word, is mnr. Eldridge Jerry, komiteevoorsitter vir behuising en grondsake, vroeër vandeesweek deur me. Nondumiso Maphazi, ­uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, ingeroep en die keuse gegee om te bedank.

Volgens ’n persoon na aan die politieke woelinge in die metro het Maphazi Jerry dié keuse gegee omdat sy hom goedgesind is, hoewel sy hom streng gesproke moes “afdank”.

Die rede vir Jerry se moontlike afdanking of bedanking is tweevoudig. Eerstens is Ma­phazi onder geweldige politieke druk vanaf Zuma-gesinde ANC-lede, bekend as die Stalin-groep, om hom die trekpas te gee. Dié ANC-raadslede meen Jerry se aanstelling is ongeldig omdat die leierskorps wat hieroor besluit het, verlede maand ontbind is. Hul besluite moet dus ongeldig verklaar word.

Jerry se verbintenis met een van die 26 maatskappye wat betrokke was by die behuisingsprojekte, is nog olie op die vuur. Sy maatskappy, Isodef, het in 2003 ’n kontrak met die metro gesluit om 339 laekostehuise te bou. Daar was glo talle onreëlmatighede met die kontrak.

Die ondersoek na dié projek en die 25 ander projekte is deur mnr. Graham ­Richards, munisipale bestuurder, en die regsfirma Gray Moodair gedoen om die metro se behuisingsdirektoraat te suiwer en die kaf van die koring te skei.

Die omstrede verslag oor die ondersoek is die rede waarom ANC-raadslede op die raadsvergadering verlede maand botweg geweier het om ’n wysiging van R1,9 miljoen aan die behuisingsdirektoraat se regsonkoste goed te keur totdat die verslag ter tafel gelê is.

Dit is ook op grond van die verslag dat die Stalin-groep ’n houvas op Maphazi gekry het en haar in ’n hoek dryf om van Jerry uit te skop.

“Wat interessant is, is dat die einste behuisingsamptenare wat die aantygings oor korrupsie teen Jerry maak, self vir wanpraktyke binne die behuisingsdirektoraat geskors is. Dit sal alles in die verslag aan die lig kom,” het die ingeligte gesê.

Jerry wou gister geen inligting bekend maak oor sy vergadering met Ma­phazi nie. Al wat hy bereid was om te sê, is: “Die knelpunt is in baie opsigte interessant omdat die einste mense wat my bloed soek, die persone is wat met T-hemde rondloop met die slagspreuk ‘innocent until proven guilty’.”

Mnr. Roland Williams, kommunikasiebestuurder van die metro, het gesê daar steek geen waarheid in die gerugte nie. Hy het erken hy het nie self met Maphazi hieroor gepraat nie.

Me. Charmaine Williams, speaker van die metro, het gesê sy dra nie kennis van Jerry se afdanking of bedanking nie. Maphazi kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |