Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Brandweerpersoneel probeer gister ’n “vliegtuigwrak” blus nadat dit omstreeks 08:00 op die Baaise lughawe “neergestort” het. Foto: SERGIO BAARTZES
Brandweerpersoneel probeer gister ’n “vliegtuigwrak” blus nadat dit omstreeks 08:00 op die Baaise lughawe “neergestort” het.    Foto: SERGIO BAARTZES
Streek
OOS-KAAP: Noodoefening toets Baaise lughawe se gereedheid
14/05/2008 10:37:54 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Reddingswerkers moes hulle gister na die Baaise lughawe haas toe ’n Boeing 737 hier “neergestort” het.

Die vliegtuig was op pad na die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg. Daar was altesaam 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord..

Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie, omdat dié ongeluk net ’n oefening in rampbestuur vir die lughawe was. Volgens die voorskrifte van die Suid-Afrikaanse Lughawens­maat­skappy (Acsa) moet lughawens elke twee jaar só ’n uitgebreide noodhulpsessie aanpak.

Lede van die publiek, wat gister by die lughawe rondgedwaal het, het verward na die toneel gestaar. Aan party van hulle moes werkers verduidelik dat die “passasiers” en “slagoffers” eintlik almal leerders van die Hoërskool Victoria Park is.

Nooddienste, waaronder die brandweer, weermag, polisie, die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se afdeling vir rampbestuur en ambulansdienste is omstreeks 08:00 na die lughawe ontbied. Mnr. Kupido Baron, ’n munisipale woordvoerder, het gesê die metropool se omgewingsdepartement sal ook in só ’n geval ontplooi word indien ’n oliestorting plaasvind.

Lede van die media het op ’n skyn­inligtingsessie al die besonderhede ontvang.

Die inligtingsessie is deur mnr. Lucas Letsholonyane, bestuurder van die lughawe, behartig.

In die simulasie het ’n vliegtuig, wat reeds opgestyg het, probleme ervaar. ’n Noodoproep is na die lughawe se radiobeheer uitgestuur en die vliegtuig is versoek om terug te keer.

Die vliegtuig het kort daarna op die aanloopbaan “neergestort”.

In die oefening moes noodwerkers hand bysit om 62 dooie en 36 ernstig beseerde “slagoffers” uit die wrak te help. Die res is ongedeerd.

Letsholonyane het gesê dit kan soms maande duur om die oorsaak van ’n vliegtuigongeluk te bepaal. Hy het gesê die “ondersoek” word deur Acsa en die polisie behartig.

Die doel van die oefening is om die lughawe se gereedheid vir moontlike vliegongelukke te toets.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |