Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Gareth Cliff, ’n platejoggie van 5FM, sit gisteraand met sy brief wat hy glo aan die burgemeester wou oorhandig. Daarin vra Cliff om verskoning dat hy die Baai verskeie kere “beledig” het. By hom is sy regterhand, me. Lyndell Klasse. Foto: CHARLES PULLEN
Gareth Cliff, ’n platejoggie van 5FM, sit gisteraand met sy brief wat hy glo aan die burgemeester wou oorhandig. Daarin vra Cliff om verskoning dat hy die Baai verskeie kere “beledig” het. By hom is sy regterhand, me. Lyndell Klasse.    Foto: CHARLES PULLEN
Streek
OOS-KAAP: Gareth Cliff bring sélf sy verskoning na Baai
09/05/2008 10:05:16 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Ondanks ’n vertraagde vliegtuig en die afwesigheid van die burgemeester is Gareth Cliff, die bekende platejoggie van 5FM en Idols-beoordelaar, vasberade om sy verskoning aan die stadsbestuur te oorhandig.

Só het Cliff gisteraand gesê nadat hy glo veronderstel was om mnr. Bicks Ndoni, onderburgemeester van die Nelson Man­delabaai-munisipaliteit, te ontmoet.

Cliff het vroeër vanjaar in sy oggendprogram gesê Baaienaars is só eienaardig dat die hele stad van die aarde moet verdwyn.

Hy wou gisteraand ’n brief aan die ­burgemeester oorhandig waarin hy om verskoning daarvoor vra.

Mnr. Roland Williams, munisipale woordvoerder, het egter gesê Cliff en sy trawante het nooit die burgemeester se kantore gekontak nie.

“Ek het vanmiddag (gistermiddag) vir die eerste keer die nuus ontvang dat Cliff op pad Baai toe is.

“Ek het verneem dat hy ’n vergadering met die burgemeester gereël het nadat ’n plaaslike koerant my gekontak het, maar ons het nog nooit van hulle ’n oproep ontvang nie,” het hy gesê.

Williams het Cliff se optrede as ’n ­publisiteitsfoefie bestempel.

Cliff en twee van sy kollegas het gister omstreeks 19:00 in die Baai opgedaag.

“Aangesien die burgemeester en onderburgemeester nie vanaand (gisteraand) hier is nie, sal ons dit môreoggend (vandag) by hulle kantore aflewer,” het hy gesê.

Hy het ook gesê hy gaan egter nie om verskoning vra omdat hy die Oos-Kaap twee jaar gelede die oksel (“armpit”) van Afrika genoem het nie.

“Die oksel is ’n belangrike deel van die liggaam en daarom beskou ek dit nie as belediging nie.

“Dit kon erger gewees het. Ek kon die Oos-Kaap die kruis (van die liggaam) genoem het,” het hy skertsend bygevoeg.

Cliff het sedert verlede jaar die Baai agt keer besoek en het gesê dit is nogtans een van sy gunsteling-plekke in die land.

“Elke land het ’n snaakse deel en die Baai is Suid-Afrika s’n.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |