Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Jan Faure
Jan Faure
Streek
Faure moet 15 jaar sit oor Seaview
09/05/2008 10:04:43 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Die omstrede sakeman Jan Faure is gister in die Baaise landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy vroeër op tien aanklagte van bedrog skuldig bevind is.

Faure het in Julie 2005 die Seaview-hotel onder valse voor­wendsels by ’n Neder­land­se sakeman, mnr. Barend de Ronde, gekoop.

Die hotel, wat op ’n eiendom van 1,8 ha met ’n asemrowende see-uitsig geleë is, is aan Faure verkoop vir R14 miljoen.

Faure het aan De Ronde gesê hy is die eienaar van ’n wildplaas ter waarde van R30 miljoen in Marble Hall en het ook voorgegee die plaas is ver­band­vry.

Hy was daarna vir twee maande in die beheer van die Seaview-hotel. De Ronde het ook die onderneming se bates aan hom oorhandig.

Faure is kort daarna in hegtenis geneem nadat hy die hotel se bates begin verkoop het sonder om die volle koopprys aan De Ronde te betaal.

Faure het ook opknappingswerk aan die hotel laat doen, maar het versuim om van die kontrakteurs te betaal.

Verder het hy nuwe personeellede aangestel.

De Ronde het twee maande later die kooptransaksie gekanselleer, aangesien Faure versuim het om die koopvoorwaardes na te kom.

Die Seaview-hotel is later in 2005 vir R15,4 miljoen aan die Kat Leisure-groep verkoop, het mnr. Duncan McLaggan van dié kettinggroep gesê. –Euline Fillis

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |