Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Streek
OOS-KAAP: Slang in byenes het al brood op boer se tafel gesit
09/05/2008 10:04:10 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Almal van ons was al daar: sentloos en raadop oor waar die volgende tenk brandstof vandaan gaan kom en oor wat jy gaan eet tot die einde van die maand.

Die Burger het gister by ’n paar Oos-Kapenaars uitgevind tot watter uiterstes hulle al gegaan het as die nood gedruk het.

Mnr. Hendrik Botes, ’n byeboer van Jeffreysbaai, het gister vertel hoe ’n slang binne ’n byenes al vir kos op sy tafel gesorg het.

“Die geld was min daai maand en ons het nie geweet waar ons volgende brood vandaan gaan kom nie. Ek het die slang by die slangpark verkoop en die geld gebruik om brood te koop omdat ons geen brood gehad het nie,” het Botes gesê.

“En met die R104 wat ek daaruit gemaak het, moes ons behoorlik sente omdraai om die geld so lank as moontlik te laat rek.

“Toe ek in standerd 8 was, het ek en een van my pêlle weer gereeld sente bymekaar gesit om sigarette te koop.

“Dis al van my jong dae af dat ek weet hoe om geld te rek,” het Botes bygevoeg.

’n Inwoner van Richmond Hill, wat verkies om anoniem te bly, het vertel hoe hy en studentevriende wat ná universiteit deur Nederland getoer het in Amsterdam nie meer geld en sigarette gehad het nie en een van sy vriendinne sommerso uit die bloute sigaretstompies begin optel en verder gerook het.

“Sigarette was daai tyd al baie duurder as in Suid-Afrika en as jy wil rook, wil jy rook,” het hy bygevoeg.

Nóg ’n student wat kan getuig van desperate tye is me. Jacky Jacobs, wat aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit studeer.

Jacobs het gesê sy meng soms die kos wat in haar studentehuis oorbly en met speserye laat sy dit lekker smaak.

“Soms neem jy oorskietkos of wat jy in die huis oor het, gooi dit in ’n pan en daar het jy aandete.

“Ek het altyd rys en eiers in my huis,” het Jacobs gesê.

“’n Brood kan ’n week lank hou as jy dit rooster,” was me. Marjorie Moore se raad.

“Die meeste mense het gewoonlik blik­kieskos in hul kaste oor en ’n lekker stuk roosterbrood met gebakte boontjies in tamatiesous is net die ding om die maag vol te hou.

“En as dit vervelig raak, kan ’n bietjie kerriepoeier ’n ekstra bietjie oemf gee,” het Moore gesê.

En as alles verkeerd loop, kan jy soos me. Yvette Steyn maak toe sy ’n student was en altyd springmielies en wortels saam eet.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |