Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Me. Hannetjie Stadler. In haar borsspeld is ’n foto van Victoria toe sy vier jaar oud was. Foto: LEÁNNE STANDER
Me. Hannetjie Stadler. In haar borsspeld is ’n foto van Victoria toe sy vier jaar oud was.    Foto: LEÁNNE STANDER
Streek
Ma’s van vermoorde Knysna-vroue sal getuig
09/05/2008 09:18:55 PM - (SA)

SEDGEFIELD. – Die ma’s van die twee jong vroue wat in 2005 in Knysna vermoor is, gaan ter strafverswaring teen hul dogters se moordenaar, Heinrich van Rooyen, getuig.

Van Rooyen is verlede Vrydag deur regter Nathan Erasmus in die rondgaande hooggeregshof in Knysna skuldig bevind aan die moorde op mes. Jessica Wheeler (19) en Victoria Stadler (20).

Mes. Dusty Whee­ler en Hannetjie Stad­ler sal Dinsdag in die getuiebank staan en die hof sal hoor hoe die dood van hul enigste dogters hul lewens geraak het.

In openhartige gesprekke met Die Burger voordat Van Rooyen Woensdag gevonnis word, het Stadler die sluier gelig oor die hel wat sy die afgelope twee jaar deurgemaak het.

Sy het benadruk sy is nie kwaad of bitter jeens Van Rooyen nie, al het hy haar lewe vernietig.

Sy bly in Sedgefield tot ná die vonnisoplegging voordat sy terugkeer na Louis Trichardt.

Op ’n manier het sy vrede gemaak met Victoria se dood.

“Ek weet ek gaan haar weer sien, maar ek mis haar telefoonoproepe.

“Sy het elke oggend so teen 09:00 opgestaan en dan vir my ’n missed call gegee. En dan het ek haar teruggebel en ons het gesels. Soms drie, vier keer per dag.”

Besig bly is haar verweer teen die eensaamheid.

“Ek werk hard. ’n Vriend sê altyd ek sal ’n mier werk dat hy skaamkry,” het sy laggend gesê.

Haar hande is nooit stil nie.

“Sedert die begin van die verhoor verlede jaar het ek nege truie gebrei – ingewikkelde patrone wat my kop besig hou met telwerk.

“En ek hekel. Ek het vir elke lid van die regspan – ook vir die verdediging – ’n doilie gehekel.”

Verder “bou” sy ’n kwilt in swart, blou en maroen waarop sy belangrike datums sedert haar dogter se verdwyning op 10 November 2005 tot en met die vonnisoplegging sal uitbeeld.

“Ek gaan nog ’n Victoria-kwilt maak waarop ek foto’s van almal – ook Heinie (die beskuldigde) – gaan inwerk.”

Sy sê ’n mens besluit self of jy gelukkig wil wees. “Ek het baie om voor dankbaar te wees: Ek is gesond, ek het nie geldsorge nie, ek het baie vriende.”

Sedert die verhoor begin het, het sy meer afsondering begin soek. “Partymaal sluit ek myself in die huis op die plaas toe om alleen te wees. Soggens vroeg sit ek buite en dink aan Victoria. Ek hoor haar so duidelik sê: ‘Het ma die slag gehoor? Dit was die dag wat gebreek het’, hoor ek haar laggend sê.”

Sy wil ook die polisie-foto’s van haar kind se moord hê om te bêre. Vir eendag as sy oud is, en gereed is om daarna te kyk.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |