Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die identikit van die man wat vermoedelik agter’n vlaag grypdiefstalle en aanrandings op vroue in Knysna sit.
Die identikit van die man wat vermoedelik agter’n vlaag grypdiefstalle en aanrandings op vroue in Knysna sit.
Streek
SUID-KAAP: Grypdief wat vroue by kerke aanrand in visier
09/05/2008 09:18:19 PM - (SA)

KNYSNA. – ’n Span speurders is aangestel om die onlangse vlaag grypdiefstalle en gepaardgaande aanrandings op vroue hier te ondersoek.

Minstens vier vroue is binne ’n maand naby kerke in die bodorp aangerand en beroof. Drie van die voorvalle het in die laaste twee weke plaasgevind.

In minstens twee van die voorvalle was die vermeende aanvaller netjies aangetrek en het hy sy slagoffer beleefd gegroet voordat hy haar met die vuis bygedam het.

Volgens mnr. Ntobeko Mangqwengqwe, ’n polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, stem die aanvaller se modus operandi ooreen in al die voorvalle.

“Die moontlikheid dat dieselfde man verantwoordelik is vir die aanvalle is nie uitgesluit nie, maar die polisie ondersoek tans alle moontlikhede.

“Ons het ’n identikit saamgestel van die persoon wat vermoedelik agter die aanvalle sit,” het hy gesê.

Me. Lydia Viljoen is verlede Saterdag in die oprit van haar huis naby die NG kerk in Voortrekkerstraat oorval.

Viljoen het gesê sy het die oggend haar motor uitgetrek en wou die hek gaan toemaak toe haar aanvaller, wat netjies aangetrek was, aangestap gekom het. Hy het oogkontak gemaak en “môre” gesê.

Toe hy haar begin slaan, was sy oombliklik kwaad en het hom teruggestamp met haar elmboog, het sy gesê. Hy het haar mond stukkend geslaan en uiteindelik net met haar selfoon gevlug. Sy het haar handsak behou en haar beursie later in die kerk se tuin opgetel.

“Ek het hom in my kar agternagesit en verskriklik geskree. By die polisiestasie moes ek eers my selfoon gaan ‘swartlys’ voordat ek ’n klag aanhangig kon maak.”

Sy het gesê sy kry steeds hoofpyn ná die aanval.

Skaars twee dae ná die aanval op Viljoen is die vrou van ’n bekende meubelhandelaar naby die Anglikaanse kerk in die omgewing van Montagustraat oorval en beroof.

Op 24 April is me. Lelania Bosman op haar mond geslaan toe sy omstreeks 05:30 ’n biduur by die Charisma-kerk in Queensweg wou bywoon.

Op 28 Maart is die vrou van nóg ’n sakeman van R13 000 beroof toe sy vroegoggend toebroodjies by die NG kerksaal in Fichatstraat vir ’n begrafnis gaan afgee het.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |