|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Streek
OOS-KAAP: Vrou (69) jaag rowers met skêr
08/05/2008 09:49:29 PM - (SA)
PORT ELIZABETH. – Drie gewapende mans het gister hier hul moses teëgekom toe hulle deur ’n 69-jarige vrou met ’n naaldwerkskêr verjaag is.
Die mans, gewapen met messe, het omstreeks 10:00 op die huis van mev. Jamina van Rensburg in Monmouthstraat, Sherwood, toegeslaan. Volgens kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het die verdagtes glo ’n huiswerker oorval om toegang tot die huis te verkry. Van Rensburg het gesit en naaldwerk doen toe die mans die huis binnekom. Sy het glo die skêr opgetel en hulle daarmee gedreig.
“Dit is nog onseker hoekom hulle so bang was vir Van Rensburg en haar skêr, maar hulle het toe padgegee,” het Rheeder gesê.
Niemand is beseer nie. ’n Saak van huisbraak word ondersoek. – Bobbi Scheckle
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |