Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 16º/18| Worcester 13º/22| George 14º/19| Port Elizabeth 13º/19 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Shaun van Eck
Mnr. Shaun van Eck   
Streek
SUID-KAAP: Knysna-toerisme se nuwe hoof sien uit na sy taak
08/05/2008 07:27:10 PM - (SA)

KNYSNA. – Mnr. Shaun van Eck, tans die bestuurder van die Boardwalk-casino in Port Elizabeth, is aangestel as die nuwe bestuurder van Knysna-toerisme.

Hy sal op 1 Julie diens aanvaar. Van Eck is in 2000 aangestel as ­bemarkingsbestuurder van die ­ca­si­no. Hy was voorheen die ­di­rek­teur van toerisme in Port ­Elizabeth.

Hy het ook vroeër ’n program aangebied op Algoa FM en is ’n ­direksielid van Nelson Mandelabaai-toerisme en Ectour, ’n private organisasie vir die ­bemarking van toerisme met lede ­oor die hele Oos-Kaap.

Van Eck was bevriend met mnr. Craig Nancarrow, die ­vo­ri­ge bestuurder van Knysna-toerisme wat vroeër vanjaar aan ’n hartaanval oorlede is.

“Craig en ek was baie saam oorsee en het tyd bestee om die ­suksesverhale van elke bestemming te bestudeer. Ons het altyd na meer innoverende maniere gesoek om ons bestemmings te bemark. Dit is vir my ’n eer om op Craig se ­nalatenskap voort te bou,” het hy gesê.

Volgens hom is Knysna een van die gewildste “sielsbestemmings”.

“Ek het nog altyd sielskos gevind wanneer ek hiernatoe wegbreek. Ek sien uit daarna om saam met die toerismespan van Knysna te werk om toerisme verder te bevorder.

“Ek is ook ’n ywerige gholfspeler, ­natuurliefhebber en kampeerder, dus sien ek baie daarna uit om na Knysna te verhuis.”

Van Eck se vrou, Beverley, is die organiseerder van die Home­maker’s Fair Expo in Port ­Eliza­beth. – Suid-Kaapse redaksie

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |