Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Jeffrey Roberts
Mnr. Jeffrey Roberts    
Streek
SUID-KAAP: ACDP het ook 2 kandidate in George
08/05/2008 07:26:37 PM - (SA)

GEORGE. – Nóg ’n groot politieke party gaan die politieke water op 21 Mei in dié dorp toets.

Die ACDP het bevestig dat hy kandidate gaan stel in die twee tussenverkiesings.

Mnr. Jeffrey Roberts (37) dra in wyk 8 (Parkdene en Maraiskamp) die ACDP-vaandel en mnr. Steven Jantjes (38) in wyk 5 (Lavalia en Rosemoor).

Die ander groot partye soos die ANC, die DA en die OD het vroeër reeds die name van hul kandidate bekend gemaak.

Drie onafhanklike kandidate gaan ook probeer om George se kiesers in die wyke oor te haal om vir hulle te stem.

Roberts sê daar word voortdurend beloftes gemaak en die kiesers is moeg daarvan.

Hy maak nie ’n geheim van sy Christelike oortuigings nie en durf die politiek ook so aan. “Die Kruis is ons laaste pad,” sê hy.

Roberts het grootgeword in Parkdene. Ná skool het hyin die versekeringsbedryf en by ’n skoenfabriek gaan werk.

Later het hy betrokke geraak by teologie en as ’n pastoor gekwalifiseer. Hy is die leier van ’n gemeente in Parkdene.

“Ek weet wat die behoeftes van ons gemeenskap is. Daar is probleme soos armoede, werkloosheid en sjebien-huise.”

Hy wil nie net kritiseer nie, maar ook help. Daar is geen jeugaksie wat jong mense positief kan besig hou in die wyk nie.

Jantjes is ’n bakker by ’n bekende kettingwinkelgroep in die dorp.

Hy beoefen die beroep al 15 jaar en het besluit om hom verkiesbaar te stel, want hy wil gemeenskapsbetrokkenheid bevorder.

Hy is gebore en getoë in George.

Jantjes glo daar is ’n groot kloof tussen die gemeenskap en die stadsraad. Hy wil dit oorbrug.

Die probleem is dat as raadslede eers verkies is, vergeet hulle van die kiesers, sê hy. Die grootste uitdagings in die wyk waar hy staan, is werkloosheid en misdaad.

Daar is ook kinders van byvoorbeeld 10 jaar wat nie skool toe gaan nie. Niemand vra ooit daaroor nie.

In sy werwingswerk tel hy op dat mense onseker is vir wie hulle moet stem. Deel van sy veldtog is gerig op gemeenskapsbetrokkenheid.

Sport is ’n belangrike instrument om betrokkenheid te bewerkstellig en te bevorder, glo hy.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |