Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Me. Nomsa Ngavu kuier by me. Ivy Sajini se kosstalletjie naby die stadion.
Me. Nomsa Ngavu kuier by me. Ivy Sajini se kosstalletjie naby die stadion.
Streek
OOS-KAAP: Smouse skud vere reg vir 2010
07/05/2008 10:06:57 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 is vir baie mense meer as net ’n toernooi. Vir party kleinhandelaars in Noordeinde in die Baai is dit ’n moontlike goudmyn én die idea­le geleentheid om ’n ekstra geldjie te verdien.

Drie van die kleinhandelaars wat uitsien na die moontlike voordeel wat hulle uit die toernooi sal kan trek, het gister van hul planne bekend gemaak.

Me. Hilda Mini van Missionvale verkoop daagliks vetkoek, appels, kluitjies, tuisgemaakte gemmerbier en skyfies aan die konstruksiewerkers by die stadion.

“Ek maak reeds baie geld met die verkope en daarom sal ek graag in 2010 hier ’n stalletjie wil hê. Teen daardie tyd sal ek ook ’n tafel, stoele en eetgerei wil aanskaf om die mense, wat buite die stadion wag om kaartjies te koop, te bedien,” het sy met ’n breë glimlag gesê.

Sy beplan om ’n eetplek met ’n Afrika-tema buite die hekke op te rig. Haar kos word daagliks by haar huis voorberei. Sy beoog ook om ’n woonwa te koop om haar geregte in 2010 vars voor te berei. “Die woonwa sal ook as beskerming teen die reën dien.

“Dis soms moeilik om die kos te verkoop, want ons is partymaal drie in ’n klein houthokkie en moet dan tot by die heining rondom die stadion hardloop om die werkers te bedien,” het sy bygevoeg.

Nie een van die handelaars weet hoekom dié hokkie langs die stadion opgerig is nie, maar dit kom handig te pas in reënweer.

Mini se vriend, me. Lucy Mzozoyana, ’n kleinhandelaar van Motherwell, voer soortgelyke plan­ne in die mou. Mzozoyana het gesê haar gestoofde beesvleis is gewild en sy beplan om dit teen 2010 aan die internasionale besoekers te verkoop.

Die vroue bestee onderskeidelik R22 en R35 om by die stadion te kom. Daarbenewens het albei drie kinders om te onderhou.

“Die geld wat ons verdien is nie baie nie, maar dis darem genoeg om die kinders te voer,” het me. Nomsa Ngavu van KwaZakhele gesê.

Ngavu, ook ’n kleinhandelaar, beplan om die toeriste in 2010 met haar smaaklike lewervleis en tradisionele slaai te voer. Sy het gesê haar tuisgemaakte gemmerbier beloof ook om soos soetkoek te verkoop “omdat dit gesonder en goedkoper is as ander koeldranke”.

Dié sakevroue is veral ná 09:00 en rondom 12:00 bedrywig, maar meen hulle sal in 2010 langer ure op hul voete deurbring.

Nog ’n handelaar wat uitsien na die sokkertoernooi is mnr. Brandon Coutts, eienaar van die L & B-kafee oorkant die stadion.

Coutts is reeds besig om sy huis op te knap en beplan om sy drieslaapkamerhuis in ’n bed-en-ontbytplek met vyf slaapkamers te omskep. Sy kafee wil hy graag in ’n restaurant verander.

“Dit gaan natuurlik baie geld kos, maar sodra die toeriste begin toesak, behoort ek ’n groot wins te maak,” het hy gesê.

Sedert die bouwerk aan die stadion begin is, kry Coutts meer klante wat veral wegneem-etes koop.

Hy hardloop ook soms tot by die heining van die stadion om die bouers te bedien.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |