Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Verbygangers het gister gestaar na dié plakkate wat ’n vrou op haar motor aangebring het om haar man, wat na bewering ontrou was, aan te moedig om onderhoud te betaal. Foto: JAN GERBER
Verbygangers het gister gestaar na dié plakkate wat ’n vrou op haar motor aangebring het om haar man, wat na bewering ontrou was, aan te moedig om onderhoud te betaal.    Foto: JAN GERBER
Streek
SUID-KAAP: Vrou laat haar ‘ontrou’ man deurloop
07/05/2008 09:57:09 PM - (SA)

GEORGE. – Sy gaan haar man – eersdaags haar eks­man – nie laat wegkom sonder dat hy onderhoud betaal nie.

Dít is haar boodskap waar sy kordaat en glimlaggend staan langs haar motor, waarop sy verskeie plakkate aangebring het.

Mense wat verby die FNB in Yorkstraat hier loop, stop, staar en pluk hul selfone uit om dié 57-jarige rooikopvrou van Knysna en haar plakkate af te neem.

Een van die plakkate lui: “If my soon toe be ex-husband thinks he can: bed down cheap women, buy them underwear, wine and dine them in the best restaurants, take them on five star holidays, take ‘excite’ tablets for erectile dysfunction, go out boozing each night AND not pay me my maintenance as ordered by court and think I will take no action, he has another think coming.”

Sommige vra haar uit oor haar man se ontrouheid. Mans en vroue bied ondersteunende woorde.

Sy beskryf die ondersteuning as ongelooflik. “Almal sê: ‘Fantasties. Sterkte!’” vertel sy langs haar motor, met ’n plakkaat op die voorruit, aan die linkerkant en agterop.

Maar sy doen dit nie vir simpatie nie. “Ek het besluit om ’n vreedsame punt te stel vir vroue van oral wat sukkel om hul onderhoud te kry.”

Sy sukkel al sedert November. Hul skeisaak sloer al twee jaar. Sy sê sy het nie nou die geld om ’n hooggeregshofgeding te begin nie.

“Sterkte, mevrou,” sê ’n man in die verbygaan.

“Hy dink niks van sy vrou nie,” sê ’n jong vrou geskok oor die vrou se man. “Hy’s nie eens ’n gentleman nie.” Sy meen die plakkaatprotes was ’n goeie plan, maar wil nie haar naam noem nie. Sy het die vrou gevra wanneer en hoe sy uitgevind het.

“Ek het eers ná 36 jaar van getroude lewe uitgevind. Dit was my beste vriendin,” het die vrou geantwoord.

Sy het daarvan uitgevind toe sy afgekom het op die rekeninge van duur etes en luukse wegbreek-naweke.

“Die duiwel loop rond,” sê mnr. Piet le Grange kopskuddend.

. Die vrou se identiteit is weerhou om die moontlikheid van laster te vermy.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |