Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Heinrich van Rooyen
Heinrich van Rooyen    
Streek
SUID-KAAP: Platejoggie is skuldig
02/05/2008 09:32:51 PM - (SA)

KNYSNA. – Heinrich van Rooyen (23) se gesig het al hoe strakker geword terwyl regter Nathan Erasmus hom aan die moord op twee jong meisies skuldig bevind het.

Daarenteen was die ouers van mes. Jessica Wheeler (19) en Victoria Stadler (20), wat deur dié voormalige platejoggie van hier vermoor is, oog­lopend verlig. “Ons is bly dis verby,” het mnr. Kevin Wheeler gesê, terwyl me. Hannetjie Stadler reëlings vir ’n feesmaal getref het.

Van Rooyen is ook in die rondgaande hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van regsverydeling, een van saakbeskadiging en een van die onsedelike aanranding van Wheeler.

Van Rooyen was netjies geklee in ’n wit baadjie en swart langbroek met ’n swart hemp en wit das.

Sy ouers het reg agter hom gesit terwyl die uitspraak gelewer is.

Hy is onskuldig bevind op aanklag van poging tot verkragting (van Stadler) omdat die staat nie voldoende bewyse daarvoor gekry het nie.

Stadler se liggaam is op 15 November 2005 in die Noetziebos naby Hornlee gevind, vyf dae nadat haar uitgebrande motor in die bosse gemerk is. Sy is volgens die nadoodse ondersoek verwurg en het ’n wond aan haar nek gehad.

Wheeler se liggaam is op 13 Oktober 2005 in die tuin van die Anglikaanse kerk St. George langs die hoofstraat van Knysna gevind. Wheeler is volgens die nadoodse ondersoek gesodomiseer voordat sy weens grond in haar mond en lugweë versmoor het.

Die aanklag van regsverydeling hou verband met ’n SMS wat Van Rooyen aan Stadler se vriend, mnr. Mike de Jager, gestuur het, waarin hy hom gevra het om namens hom te jok. Hy is skuldig bevind op die klag van saakbeskadiging omdat hy Stadler se voertuig aan die brand gesteek het.

Erasmus het die gebeure chronologies weergegee om ’n geheelbeeld te vorm. Volgens hom was daar net omstandigheidsgetuienis, maar hy het gesê dit is bo alle redelike twyfel duidelik dat Van Rooyen die vroue vermoor het en dat niemand anders daarvoor verantwoordelik was nie.

Hy het die getuienis vir die staat deur mnr. ­Kobus Minnie, bestuurder van ’n broodafleweringswa wat Van Rooyen die nag van die moord saam met Stadler in die kerktuin gesien het, as betroubaar aanvaar. Daarenteen het hy die getuienis vir die verdediging deur mnr. Jaco Kiewiets, ’n motorwag wat mnr. Corrie Dixon en konst. Walter ­Daniel op die moordtoneel geplaas het, verwerp.

Hy het ook die getuienis van me. Magdalena Witbooi, wat getuig het dat sy Stadler die nag van haar dood saam met mnr. Aubrey Komoetie in Hornlee gesien het, verwerp.

Hy het gesê Van Rooyen het deurentyd sy ver­klarings verander en aangepas.

Erasmus het die onwettige lasbrief waarmee Van Rooyen se blyplek deursoek is, sowel as die verklarings van verskeie polisielede, aanvaar en gesê hoewel Van Rooyen se regte geskend is, het dié getuienis nie ’n regverdige verhoor benadeel nie.

Hy het die polisie se nalatige optrede gekritiseer. Nalatigheid het waarskynlik daartoe gelei dat belangrike bewyse verlore gegaan het.

Mnr. Lunen Meyer, Van Rooyen se regsverteenwoordiger, het gesê sy regspan en ouers is teleur­gesteld. “Ons oorweeg die opsies tot ons beskikking.” Van Rooyen word op 13 en 14 Mei gevonnis.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |