Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Streek
OOS-KAAP: Hondegevegte ruk erg handuit
26/03/2008 10:15:21 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Ernsti­ge kommer is hier uitgespreek oor hondegevegte wat nie net besig is om handuit te ruk in die Baai nie, maar wat ook reeds na plekke soos Uitenhage en Grahamstad uitgebrei het.

Vir die polisie en diereliefhebbers is die situasie al só erg dat ’n spesiale vergadering Dinsdag gehou is oor moontlikhede om dié gevegte te probeer hokslaan.

Kapt. Thys de Beer, hoof van die bedreigdespesie-groep by die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in die Baai, het op die vergadering gemaan dat hondegevegte ook hier – net soos in Gauteng en die Wes-Kaap – buite beheer kan raak as dié probleem nie nou getakel word nie.

In die meeste gevegte word Amerikaanse veghonde na bewering gebruik.

Volgens De Beer word daar hoofsaaklik op die hondegevegte gewed.

Honde-eienaars en toeskouers het hier die geleentheid om onder meer hul huise, motors, selfone en groot bedrae kontant op die spel te plaast, het hy gesê.

“In die meeste gevalle is dit ook georganiseerde misdadigers wat aan die stuur van die gevegte is,” het hy bygevoeg.

Hondegevegte word in verskeie kategorieë verdeel – die eerste, tweede, derde en die kampioenskapswedstryd.

Die honde word gewoonlik eers vir twee jaar deur hul eienaars opgelei. Hulle word van selfs drie maande oud opgelei, het De Beer gesê.

Die honde moet eers twee jaar as beginners veg.

Die gevegte duur gewoonlik een tot twee uur. Die plek waar die gevegte gehou word, verander ook dikwels, het hy gesê.

Nagenoeg 70 mense, onder wie talle vrywillige werkers by diere-organisasies, het die vergadering in die Walmer-stadsaal bygewoon.

De Beer en me. Linda-Louise Swain van die Bond teen Dierewreedheid het ’n beroep op die teenwoordiges gedoen om ten nouste by die stryd teen hondegevegte betrokke te raak.

Hulle is aangemoedig om die breër gemeenskap beter in te lig oor die onwettigheid van hondegevegte.

Afskrifte van die Strafproseswet teen dieremishandeling en -gevegte is uitgedeel en die men­se is aangemoedig om dit ook in hul woongebiede te gaan uitdeel.

Diegene wat hulle aan die organisering of beoefening van hon­degevegte skuldig maak, kan twee jaar agter tralies sit of ’n boete van nagenoeg R2 000 opgelê word.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |