Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Cobus Dowry, die Wes-Kaapse minister van landbou, lê weg aan volstruisnekpotjiekos by die !Garob-stalletjie van die Oudtshoorn Vroue in Besigheid-inisitatief. Hy het gister aangekondig dat 27 kleinboere in die Matjiesrivier-gebied net buite die dorp binnekort eienaarskap van hul grond sal ontvang.Foto: TISHA STEYN
Mnr. Cobus Dowry, die Wes-Kaapse minister van landbou, lê weg aan volstruisnekpotjiekos by die !Garob-stalletjie van die Oudtshoorn Vroue in Besigheid-inisitatief. Hy het gister aangekondig dat 27 kleinboere in die Matjiesrivier-gebied net buite die dorp binnekort eienaarskap van hul grond sal ontvang.   Foto: TISHA STEYN
Streek
SUID-KAAP: Kleinboere kry grond by Matjiesrivier
26/03/2008 09:27:41 PM - (SA)

OUDTSHOORN. – Altesame 27 kleinboere van Matjiesrivier net buite dié dorp gaan binnekort eiendomsreg van hul grond kry.

“Ons is dankbaar en opgewonde oor wat in die Klein-Karoo gebeur, veral omdat Oudtshoorn een van die 21 brandpunte is wat die premier (mnr. Ebrahim Rasool) geïdentifiseer het,” het mnr. Cobus Dowry, Wes-Kaapse minister van landbou, gister gesê.

“Die 27 boere het die grond by hul voorvaders geërf, maar dit is nog nooit op hul naam geregistreer nie,” het mnr. Juan Lategan, ’n kommersiële boer van Matjies­rivier wat die dryfveer agter die projek is, gister verduidelik.

“Ek is van mening dat julle in die streek inderdaad ’n ­model-inisiatief van stapel stuur,” het Dowry gesê. “Wanneer opkomende boere bemagtig word, moet kommersiële boere opreg die nut daarvan besef en heeltemal inklusief daarmee omgaan.

“Om by die opheffing van plaaswerkers betrokke te wees, is nie net die regering of die landboudepartement se verantwoordelikheid nie.

“Met hierdie projek vat die regering, die kerk, die gemeenskap en die kommer­siële boere hande.”

Hy het ds. Johannes Miggels en mnr. Japie Coetzee van die Verenigde Kongregasionalistiese Kerk (VKK) bedank vir die grond wat die kerk vir die bou van ’n kleuterskool afgestaan het.

Hy het ook mnr. Jans Rautenbach, die dryfveer agter die suksesvolle Vlakteplaas-kleuterskool buite De Rust, bedank vir sy hulp om die Matjiesrivier-kleuterskool te vestig.

“Ons plaaskinders het ’n agterstand, want hulle word nie aan alles blootgestel soos ons dorpskinders nie. Nou het hulle ook ’n kleuterskool wat hulle vir die primêre skool kan voorberei.”

Die plan is om die kleuterskool later tot ’n primêre skool uit te brei.

Dowry het ook kommer­siële boere bedank wat grond gegee het sodat daar vir die primêre skool ’n sportterrein aangelê kan word.

Coetzee sê die VKK is in 1852 in die Matjiesrivier­gebied gevestig. Negentien lede van die kerk het die hele plaas Matjiesrivier vir 500 pond gekoop.

“Later, toe dit swaar gaan, is ’n stuk van die plaas verkoop,” het hy gesê.

Volgens hom is dit net ­gepas dat die 27 kleinboere ná al die jare juis hier eienaarskap kry van grond wat aan hul grootouers behoort het.

Dowry het ook ’n spesiale woord van dank vir mnr. Brett Pyper, hoofbestuurder van die Absa KKNK gehad, wat gereël het dat sowat 300 plaaswerkers van die KKNK-produksies bywoon. Dowry het vroeër gister ook ’n produksie deur plaaslike kunstenaars, Journey to Kannaland, bygewoon.

“Brett het ’n baie groot verskil kom maak. So twee, drie jaar gelede was daar kommer oor Oudtshoorn se mense wat nie by die KKNK betrokke is nie. Dit was lekker om vanoggend te sien hoe Oudtshoorn se eie mense betrokke is by die grootste Afrikaanse fees ter wêreld.”

Die belangrike aankondiging is by die !Garob-kuierplek langs die Grobbelaars­rivier gedoen.

Dowry en ander rolspelers is daarna op ’n volstruisnekpotjie onthaal.

Die Bitterfontein Rieldansers, onder leiding van me. Anna Booysens (63), het ook opgetree.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |