Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Rooi Lokasie-museum in New Brighton, Port Elizabeth, is die middelpunt van ’n beplande kulturele en kunsdistrik. Dié museum het onlangs nóg ’n toekenning gekry – dié keer van die Oos-Kaapse Instituut vir Argitekte.                                               Foto: DAVID SOUTHWOOD
Die Rooi Lokasie-museum in New Brighton, Port Elizabeth, is die middelpunt van ’n beplande kulturele en kunsdistrik. Dié museum het onlangs nóg ’n toekenning gekry – dié keer van die Oos-Kaapse Instituut vir Argitekte.    Foto: DAVID SOUTHWOODDie Rooi Lokasie-museum in New Brighton, Port Elizabeth, is die middelpunt van ’n beplande kulturele en kunsdistrik. Dié museum het onlangs nog ’n toekenning ontvang – dié keer van die Oos-Kaapse Instituut vir Argitekte.   Foto: DAVID SOUTHWOOD
Streek
OOS-KAAP: Rooi Lokasie kry weer groot eer
25/03/2008 10:16:36 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Die volgende drie geboue wat deel sal uitmaak van die ontwikkeling rondom die Rooi Lokasie-museum in New Brighton sal teen 2010 voltooi wees.

Die nasionale departement van finansies het R25 miljoen uit sy gemeenskapsontwikkelingsfonds ge­gee vir ’n biblioteek, argief en kunsgalery by Rooi Lokasie.

Mnr. Jo Noero, van die argiteks­praktyk Noero Wolff in Kaapstad, wat die museum ontwerp het, het gesê bouwerk sal binnekort begin.

Die metro se meesterplan vir die kulturele distrik sluit in ’n kunssentrum, -galery, biblioteek, ’n argief vir alle munisipale biblioteke, ’n teater en jazz-klub en ’n oornagplek vir rugsakreisigers. Van die ou kothuise in die omgewing gaan ook opgeknap word.

Die grootste deel van die perseel sal teen 2010 ontwikkel wees, het mnr. Kupido Baron, munisipale woordvoerder, gesê. Besonderhede oor die ontwikkeling sal volgende week deur die metro se staande komitee vir ontspanning en kultuur bespreek word.

Noero Wolff en die plaaslike argitekspraktyk John Blair Argitekte is onlangs deur die Oos-Kaap­se Instituut vir Argitekte (ECIA) vereer as een van sy streekwenners vir die Rooi Lokasie-museum.

Noero het gesê van al die toekennings wat die museum al gekry het – dit sluit twee internasionale toekennings in – is dié een deur die ECIA baie besonders omdat dit erkenning gee vanuit die Port Elizabeth-gemeenskap.

Hy het gesê hy lig sy hoed vir die Nelson Mandelabaai-metro wat die enigste munisipaliteit in die land is wat die moed gehad het om in ’n projek soos die Rooi Lokasie-museum te belê en dit in ’n arm buurt van stapel te stuur.

Die museum se ontwerp moet in sy argitektoniese konteks gesien word en dit spreek boekdele dat die museum in die middel van Port Elizabeth se eerste gevestig­de swart woonbuurt opgerig is.

Blair het gesê dit sal ’n wonderlike plek skep vir die mense van Port Elizabeth waar hulle ’n belangrike deel van die land se geskiedenis op ’n vars manier kan beleef.

Volgens Blair verdien SBT Konstruksie en sy gesamentlike ondernemingsvennoot, Alfdav-konstruksie, lof vir die bouwerk in ’n tyd waarin vaardighede skaars is.

Rooi Lokasie het sy naam gekry van die sinkstrukture wat daar opgerig is en rooi verkleur het weens roes.

Dié buurt is onder meer die plek waar die eerste sel van Umkhonto weSizwe, die ANC se militêre vleuel, tot stand gekom het.

Van die eerste inhegtenisnemings ná die passiewe verset in 1952 teen die paswette het ook daar plaasgevind.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |