|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Die wrak van mnr. Barend Marais (24) se Toyota Tazz is gister omstreeks 05:00 op Gonubiestrand in Oos-Londen deur verbygangers gevind. Marais is vermoedelik op die toneel dood. Foto: PATRICK KUKARD
Streek
OOS-KAAP: Man dood toe hy see-in ry
25/03/2008 10:17:41 PM - (SA)
PORT ELIZABETH. – Die liggaam van ’n man (24) van Oos-Londen is Maandagoggend in sy motor gekry nadat die voertuig in ’n ongeluk in die see beland het.
Mnr. Barend Marais, van Gonubie, het vermoedelik oor die rangstreep (chevron) én die keerwal langs die see in Derde Laan gery toe hy in die see beland het.
Sy wit Toyota Tazz is omstreeks 05:00 deur verbygangers in die see opgemerk.
Volgens supt. Mtati Tana, ’n polisiewoordvoerder, het die polisie ’n visitekaartjie in die motor gevind.
Die kaartjie, met al Marais se besonderhede daarop, is gebruik om sy naasbestaandes op te spoor.
Tana kon egter nie bevestig of Marais te vinnig gery het nie.
“Tot dusver weet ons nog nie wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Daar is ook geen ooggetuies wat die voorval gesien het nie,” het hy gesê.
’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek, het Tana gesê. – Richard Roberts
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |