Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mev. Sinah Mzolusa, ouma van die beskuldigde. Inlas: Mnr. Jeffrey Lottering.  Foto’s: CHARLES PULLEN
Mev. Sinah Mzolusa, ouma van die beskuldigde. Inlas: Mnr. Jeffrey Lottering.    Foto’s: CHARLES PULLEN
Streek
OOS-KAAP: ‘Ek het polisievrou net verkrag’
25/03/2008 10:50:13 PM - (SA)

GRAAFF-REINET. – Met ’n moontlike dubbele lewenslange vonnis wat hom in die gesig staar, het die beskuldigde in die moord op supt. Erika Heunis (36) gister hier op alle aanklagte onskuldig gepleit.

Mnr. Jeffrey Lottering (27) het die beskuldigdebank van die hooggeregshof hier ingeneem nadat Heunis, ’n instrukteur aan die polisie-akademie, op 22 Januarie vanjaar grusaam verkrag, beroof en vermoor is.

Heunis en studente het die oggend, soos gebruiklik, langs Mountain-rylaan gaan draf. Soos elke ander oggend het sy verder gedraf toe die studente omgedraai het. Net ’n entjie verder is sy oorval.

Haar halfnaakte lyk is sowat drie uur later 15 m die bosse in deur insp. Jannie Coetzee, ook ’n instrukteur aan die akademie, gevind.

Die polisie het leidrade opgevolg en Lottering dieselfde dag nog by sy huis aangekeer.

In sy kamer het hulle glo Heunis se bril en drafskoene gevind. Die geraamde waar­de van die gesteelde goedere is glo sowat R3 000.

’n Nadoodse ondersoek deur dr. Willem van der Walt van Middelburg het getoon dat Heunis gesterf het aan bloedverlies en ’n gebreekte nek. Sy het verder ’n reuse-sny aan die nek gehad en verskeie wonde oor haar liggaam. Haar linkerwangbeen is gebreek. Die ondersoek het ook getoon dat sy herhaaldelik verkrag is.

Lottering erken dat hy op die moord­toneel was toe die oorledene deur hom en twee ander mense – ene mnr. Marius Wil­liams en ’n man wat hy slegs as “Piwewe” ken – aangerand is.

In sy getuienis het insp. Albert Senekal, ’n speurder, gesê Lottering het vir hulle ook van die ander twee mans vertel.

“Die beskuldigde het vir ons gesê die een man is Simphiwe en hy ken nie die ander man se naam nie. Toe hy ons na Simphiwe se huis neem, toe ken niemand ’n Simphiwe nie.”

In sy pleitverduideliking het Lottering gesê Williams het Heunis met ’n mes in die nek gesteek en dat “Piwewe” haar met ’n klip teen die kop gekap het.

“Die beskuldigde is daarna deur Marius en Piwewe gedwing om omgang met die oorledene te hê, teen sy wil. Die rede daarvoor was om homself te tsula (eerste vleeslike gemeenskap ná besnydenis) vanweë die feit dat hy onlangs besny is,” lui die verduideliking.

Die verduideliking lui verder dat Lottering Heunis se skoene en bril saam met hom huis toe geneem het, aangesien Williams en Piwewe dit later daar by hom sou kom kry het.

Lottering se ouma, mev. Sinah Mzolusa, het haar skok oor die voorval uitgespreek.

“Jeffrey was nog altyd ’n goeie kind en het niemand seergemaak nie. Ek weet nie hoekom die duiwel so listig is dat hy so iets sou doen nie. En ek kry so seer vir daai mense (Heunis se familie).”

Nie een van Heunis se familielede het die verrigtinge bygewoon nie.

Volgens insp. Pierre Theron sukkel haar man, supt. Garth Heunis, en hul twee dogters nog om hul groot verlies te verwerk.

Ook geen verteenwoordigers van die polisie-akademie het die hofverrigtinge bygewoon nie.

Die saak duur vandag voort.

riette.olivier@dieburger.com

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |