Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Ebrahim Rasool
Mnr. Ebrahim Rasool
Streek
SUID-KAAP: Liggaam kom vir SA gholfbedryf
25/03/2008 09:21:40 PM - (SA)

GEORGE. – Dit is ’n wanopvatting dat die Suid-Afrikaanse gholfbedryf uit ’n klomp gierige plesiersoekers bestaan wat onsensitief staan teenoor die omgewing, minderbevoorregte gemeenskappe of volhoubaarheid.

Só sê mnr. Kwakye Donkor, bemarkingsbestuurder van Fancourt, oor dié kwessies wat aanstaande maand op die derde Suid-Afrikaanse gholfberaad bespreek sal word.

Die byeenkoms, wat by Fancourt gehou word, dien as forum vir regeringsbeamptes, eiendomsontwikkelaars en toeroperateurs om oor verskillende sake rakende die spel en die bedryf te gesels.

Die fokus by vanjaar se beraad gaan veral val op die ontwikkeling van minderbevoorregte gemeen­skap­pe en die sosiaal-ekonomiese waar­­de van plaaslike gholf in die bedryf.

Volgens Donkor dra gholf baie by tot toerisme, werkskepping en die plaaslike ekonomie.

“Die gholfbedryf word dikwels uitgebeeld as onsensitief. Maar dit is onwaar. Ons kyk byvoorbeeld na die mees omgewingsvriendelike manie­re om gholflandgoedere te ontwikkel en wend ook daadwerklike pogings aan om vas te stel wat die behoeftes van plaaslike inwoners is wat ­regstreeks en onregstreeks deur gholflandgoedontwikkelings geraak word,” het hy gesê.

Mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaap­se premier, sal vanjaar die gasspreker wees by die opening van die gholfberaad.

Hy sal vergesel word deur me. Tasneem Essop, die Wes-Kaapse minister van omgewing, beplanning en ekonomiese ontwikkeling, asook mnr. Moeketsi Mosola, uitvoerende hoof van SA Toerisme.

Volgens me. Ingrid Diesel, bestuurder van Fancourt, is een van die hoofdoelwitte van vanjaar se beraad om ’n verteenwoordigende liggaam vir die gholfbedryf daar te stel.

Ter voorbereiding van die gholfberaad is werksessies vroeër vandeesmaand deur ’n bestuurskomitee, wat vroeër aangestel is, in Pretoria en ­Johannesburg gehou om rolspelers se indrukke te kry.

Volgens prof. Ernie Heath van die Universiteit van Pretoria kan die gholfbedryf gebruik word om gemeenskapsontwikkeling, transfor­ma­sie en entrepreneurskap teweeg te bring, mits dit verantwoordelik ontwikkel en bemark word.

Heath sê ’n verteenwoordigende liggaam kan Suid-Afrika bemark as dié gholfbestemming in Af­ri­ka en ook met die regering skakel.

Volgens Donkor was daar reeds verskeie versoeke, veral van regeringskant, vir die gholfbedryf om ­beter regulering en interaksie tussen die onderskeie bestuurskomitees te bewerkstellig om sodoende ’n groter stem aan die bedryf te verleen.

Van die kwellings was juis dat daar nie ’n kommunikasiekanaal tus­­sen formele organisasies soos die gholfspelers, gholfbaanontwikkelaars, rolspelers in gholftoerisme en die parlement bestaan nie.

Donkor sê voorts die beraad is ­besig om ’n jaarlikse instelling te word wat die plaaslike bedryf help om deurlopend ’n betekenisvolle ­bydrae tot die Suid-Afrikaanse mark te lewer.

Wetgewing oor grondeienaarskap deur buitelanders, die volhoubaarheid van die omgewing en water­gebruik by gholfbane sal ook op die beraad bespreek word.

Die beraad vind van 20 tot 23 April plaas.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |