Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dié twee vulletjies is wees nadat hul ouers gevrek het weens die dodelike Afrika-perdesiekte. Mnr. Andrew Joltand van die plaas Gallantskloof in die Bedford-distrik moet die boerperdjies elke uur met ’n bottel melk voer.Foto: CHARLES PULLEN
Dié twee vulletjies is wees nadat hul ouers gevrek het weens die dodelike Afrika-perdesiekte. Mnr. Andrew Joltand van die plaas Gallantskloof in die Bedford-distrik moet die boerperdjies elke uur met ’n bottel melk voer.   Foto: CHARLES PULLEN
Streek
OOS-KAAP: Bottelvoeding al raad vir dié wees vulletjies
24/03/2008 09:45:05 PM - (SA)

KOOKHUIS. – Talle vulletjies oor die Oos-Kaap heen is wees gelaat deur die dodelike Afrika-perdesiekte, wat die afgelope drie weke honderde merries afgemaai het.

Die Burger het vroeër berig honderde perde ter waarde van miljoene rande het die afgelope weke in die Oos-Kaap gevrek weens dié epidemie, wat glo bui­te beheer is.

Op die plaas Gallantskloof in die Bedford-distrik, waar 21 per­de reeds gevrek het, moet twee vulletjies nou bottelvoeding kry.

Mev. Ezelle Marais, president van die Oos-Kaapse Boerperd-telers en eienaar van Gallantskloof, het gesê die bottelvoeding is ’n heeltydse werk, want “elke vulletjie moet 15 tot 18 liter melk per dag inkry”.

Die vulletjies drink spesiale poeiermelk wat Marais elke uur vir hulle gee.

“Die koste beloop so R600 per sak melk. Dit hou gewoonlik so ’n maand,” het Marais gesê.

Hoewel die vulletjies reeds lusern vreet, kan hulle nie net daarop oorleef nie, het sy gesê. “Hulle sal vir nog sowat vier maande melk uit bottels drink.”

Marais en mnr. Andrew Joltand, ’n plaaswerker, staan as ouers in om die wesies groot te kry.

Bedags loop die vulletjies in ’n kampie voor die huis en, gelukkig vir dié tweetjies, het die moederlike instink by ’n ou merrie só sterk ingeskop dat hulle snags by haar in haar stal kan slaap.

Altesame 68 perde op dié plaas het tot dusver die siekte oorleef en Marais hoop die siekte het vir eers oorgewaai.

“Van die 21 perde wat ons verloor het, is twee vulmerries dood, terwyl die res tussen een- en driejarige ouderdom was,” het sy gesê.

Volgens dr. Marten Bootsma, ’n veearts in die Tsitsikamma-streek, is daar geen gevalle van perdesiekte in sy distrik aangemeld nie. “As gevolg van die klimaat kom die muggies wat die siekte dra nie in dié gebied voor nie,” het Bootsma gesê.

Nog ’n veearts, dr. Anton Kruger van Uitenhage, het gesê hy weet van geen nuwe voorvalle nie. “Ek weet wel van ’n paar gevalle waar perde wat siek is, behandel word.”

Dr. Peter Hope van die Lorraine-dierekliniek het gesê in die Baai is twee gevalle aangemeld sedert die perdesiekte uitgebreek het en dié getal het nog nie vermeerder nie.

Dr. Brendan Farrell, die veearts op Somerset-Oos wat perde in dié distrik behandel, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |