Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Tannie Hannie word môre 104 jaar oud en die Huis Genot maak nou al reg om ’n lekker partytjie vir haar en haar mede-inwoners te hou.
Tannie Hannie word môre 104 jaar oud en die Huis Genot maak nou al reg om ’n lekker partytjie vir haar en haar mede-inwoners te hou.
Streek
OOS-KAAP: Tant Hannie is môre ’n volle 104 jaar jonk!
24/03/2008 09:46:36 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Môre vier sy haar 104de verjaardag, maar met die uitsondering van ’n hoofpynpil af en toe het mev. Hannie Nice nog nóóit ’n pilletjie van enige ander aard vir siekte geneem nie.

“Vandat ek hier werk, was sy nog nie één dag siek nie. Maar sy vra so nou en dan vir ’n wit pilletjie – dan weet ons sy soek ’n Panado.”

Só sê me. Marie Mostert, ’n assistentverpleegster wat al 30 jaar by Huis Genot in Algoapark werk. Dít is ook die tuiste wat tannie Johanna (Hannie), al sedert 1993 ken.

Dié tehuis kry alles vir tannie Hannie se partytjie op die oomblik in orde.

Laas toe hier só groot makietie gehou is, was 25 jaar gelede toe een van die inwoners 102 geword het. Tot dusver is tannie Hannie die oudste inwoner wat Huis Genot al gehad het.

Maar omdat tannie Hannie so sukkel om te hoor en praat, lyk dit of die voorbereidings haar nie juis aangaan nie.

Met Die Burger se besoek gister moes Mostert kort-kort haar kop styf teen dié van tannie Hannie hou sodat tannie Hannie kon hoor wat gesê word, of Mostert kon hoor wat tannie Hannie fluister.

“Ag, sy is op haar eie manier baie grapperig, maar sy praat net wanneer sy wíl praat en sê ook net wat sy wíl sê,” vertel Mostert.

Die inwoners en personeel van Huis Genot is soos een groot familie, vertel Mostert, en tannie Hannie is natuurlik een van die gunstelinge onder die senior burgers én werkers.

Sy het volgens die tehuis se inligting net een seun, mnr. Eric Nice. Hy en sy vrou, Merle, woon in Engeland.

“Hy bel gereeld en stuur gereeld vir haar blomme; hy is ’n goeie seun.

“Hy het laat weet dat hulle ongelukkig nie vir haar verjaardag hier sal kan wees nie, maar hy sal wel later vanjaar kom kuier,” het Mostert gesê.

Toe sy egter vir tannie Hannie vra hoe dit met Eric gaan, het tannie Hannie bloot gemompel: “Ek ken hom nie.”

“Ag, moenie worry nie,” het Mostert gesê, “sy praat maar so deurmekaar, maar sy herken hom tog as hy vir haar kom kuier.”

En net voordat tannie Hannie besluit het sy het nou genoeg van die onderhoud gehad en haar rolstoel begin stoot as ’n teken, het sy nog één ding gehad om te sê: “As jy só oud wil word, moet jy darem ’n tjalie dra,” het sy by monde van Mostert gesê.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |