Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Me. Ezelle Marais, van Gallantkloof, het gister na die oorskot van een van die 17 perde gekyk wat gevrek het sedert die Afrika-perdesiekte in die Oos-Kaap uitgebreek het. Foto: CHARLES PULLEN
Me. Ezelle Marais, van Gallantkloof, het gister na die oorskot van een van die 17 perde gekyk wat gevrek het sedert die Afrika-perdesiekte in die Oos-Kaap uitgebreek het.    Foto: CHARLES PULLEN
Streek
OOS-KAAP: Perdesiekte buite beheer
13/03/2008 10:12:13 PM - (SA)

PORT ELIZABETH. – Honderde per­de ter waarde van miljoene ran­de het die afgelope twee weke in die Oos-Kaap gevrek weens die Afrika-perdesiekte-pandemie, wat glo bui­te beheer is.

Dié skokbevinding kom slegs ’n dag nadat dr. Lubalalo Mrwebi, direkteur van Oos-Kaapse veeartsenykun­de, gesê het die uitbreking van dié siekte het afgeneem en is onder beheer.

Van die 46 perde van mnr. Francois Jordaan, van Somerset-Oos, is daar net 12 oor. Mnr. Johan Marais van Kookhuis het 19 perde verloor, en mnr. Frank Norton van Grahamstad 18 perde.

In die Alexandria-omgewing het daar na bewering meer as 40 perde gevrek. Mnr. Bob Seegers van Graaff-Reinet het 7 Arabierperde verloor, met nog 11 wat siek is.

Hulle is slegs enkele perdetelers in die provinsie wat voortaan hul sente moet omdraai, want perde is duur – Marais het R380 000 skade gely en Seegers se perde was sowat R250 000 werd.

Seegers meen egter teen die tempo wat die siekte versprei, is “geen perdeboer in dié stadium veilig nie”.

Daar is ook bitter min wat die boere kan doen om die siekte te verhoed, aangesien daar tans nie ’n kuur vir die siekte is nie.

Selfs perde wat teen die siekte ingeënt is, het reeds gevrek, aldus me. Ezelle Marais, ’n perdeteler en Marais se vrou.

“Veeartse sê altyd ’n perd moet drie agtereenvolgende jare ingeënt word voordat hulle immuun teen perdesiekte is. Maar ons het ’n merrie gehad wat 17 jaar lank ingeënt is, en sy het gevrek.”

Dit help glo ook nie om die siek perde in afsondering te hou nie, aangesien die siekte nie van perd tot perd oorgedra word nie.

Afrika-perdesiekte, wat ’n vrekte­syfer van tussen 70% en 90% het, word versprei deur ’n muggiespesie, Culicoides.

Dieselfde muggies versprei ook die siekte bloutong onder skape.

Die muggies dra die siekte oor nadat hulle gevoed het op ’n perd se bloed wat reeds met die siekte besmet is.

Dit kom gewoonlik voor wanneer dit warm en reënerig is, omdat muggies dan volop is.

Die siekte raak perde die ergste, maar maak ook donkies en muile siek. In die Oos-Kaap oorwinter dit gewoonlik in sebras, wat immuun teen dié siekte is.

Al wat die telers kan doen om die siekte te probeer onderdruk, is om die perde se temperatuur daagliks te meet, het Seegers gesê.

Hy is heeltemal onkant betrap deur die uitbreek van die siekte op sy plaas. “Dit is die eerste keer in 20 jaar dat ek met die siekte sukkel. Toe ons ontdek dat een van die perde siek is, was sy al amper dood.”

Mrwebi het gister sy uitlating verduidelik deur te sê dat hy nog geen verslae gekry het oor perde wat die afgelope twee weke gevrek het nie. Daarom wou hy ook geen kommentaar op die hoë perdevrektesyfer lewer nie.

Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, kon nie kommentaar hierop lewer nie.

Die Oos-Kaap het ’n maand gelede ook onder die Afrika-perdesiekte deurgeloop. Tóé het tientalle diere in die provinsie gevrek.

 riette.olivier@dieburger.com

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |