Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 16º/18| Worcester 13º/22| George 14º/19| Port Elizabeth 13º/19 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Supt. Erika Heunis Foto: VERSKAF
Supt. Erika Heunis    Foto: VERSKAF
Streek
OOS-KAAP: Heunis ‘het ’n voorgevoel gehad’
23/01/2008 10:26:30 PM - (SA)

GRAAFF-REINET. – Supt. Erika Heunis het glo die oggend van haar dood ’n voorgevoel gehad iets sou met haar gebeur.

Vir die eerste keer het sy erken daar kan moontlik misdadigers wees langs Mountain­rylaan waar sy en haar man, supt. Garth Heunis, gereeld gaan draf het.

Dit was ook een van die eerste kere dat sy sonder haar man daar gaan draf het. Hy was in Pretoria vir ’n kursus toe die voorval gebeur het.

Verder het sy die oggend voordat sy en van haar studente by die polisie-akademie daar gaan draf het, gespot dat een van die studente, sers. Lindiwe Fermelen, pepersproei moet saamneem. Fermelen moes dan vooruit hardloop en al die misdadigers langs die pad wegspuit, volgens kapt. Charlotte Marais, ’n woordvoerder van die akademie.

Heunis (36), ’n instrukteur by die akademie, is Dinsdagoggend vermoedelik verkrag en daarna met ’n klip doodgeslaan. Sy het alleen vooruit gehardloop toe haar studente ná sowat 2,4 km omgedraai het.

“Hulle het teen omstreeks 07:45 gaan draf. Toe sy teen 11:00 nog nie by die akademie was nie, het van die beamptes na haar gaan soek. Twee beamptes, kapt. Johan Gre­be en insp. Jannie Coetzee, het later Heunis se half-naakte lyk onder ’n boom gevind.

“Daar was vreeslik baie bloed op die toneel. Die reuk van pepersproei het ook in die lug gehang, maar in dié stadium is ons nie seker of sy haar aanvaller gespuit het en of hy haar gespuit het nie.”

’n Lykskouing gister het bevestig dat sy met ’n klip teen die kop geslaan is. Forensiese deskundiges van Port Elizabeth het Dinsdag na Graaff-Reinet gegaan om die toneel deeglik te ondersoek, aangesien plaaslike deskundiges nie die nodige toerusting het nie.

Sr.supt. Hintsa Swartbooi, bevelvoerder van die akademie, het gister haar kommer hieroor uitgespreek. “Haar lyk moes die hele dag daar lê terwyl hulle die toneel deursoek. Dit is glad nie vir my reg nie.”

’n Ooggetuie het later na vore gekom en die polisie op ’n spoor van leidrade gesit wat hulle na die huis van ’n verdagte gelei het. DNS-toetse is op hom gedoen en verskeie ander bewyse is op sy liggaam gevind wat hom met die moord verbind.

“Hy is in aanhouding en word steeds ondervra, maar is nog nie formeel van moord aangekla nie.” Volgens Marais sal hy op die laatste môre die landdroshof verskyn.

In dié stadium is die motief vir die moord steeds roof. “Haar drafskoene, horlosie, bril en trouringe is gesteel,” het Marais gesê.

Heunis se familie was gister nog te geskok en hartseer om oor haar dood te praat. “Sy was my vrou en kosbaar vir my, maar dit is nie nodig dat die wêreld weet wat sy vir my beteken het nie,” het Garth Heunis, ook verbonde aan die akademie, gesê. Die egpaar was 16 jaar getroud.

Swartbooi het Heunis, wat die afgelope 18 jaar in die polisie gedien het, beskryf as ’n wonderlike en briljante vrou wat nooit vervang sal kan word nie. Weens hul hartseer oor Heunis se verlies ontvang die beamptes en studente by die akademie ook berading.

’n Roudiens word môre by die akademie vir Heunis gehou. Nog ’n roudiens vir die familie sal Saterdag om 10:00 in die AGS-kerk op Graaff-Reinet gehou word.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |