|
|||||||||||
|
| VIND: |
Me. Helen Zille
Nuus
Zille wil Zuma spreek oor wetswysiging
23/06/2009 10:36:25 PM - (SA)
Kaapstad. – Mev. Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier, het versoek om dringend met pres. Jacob Zuma te vergader oor sy regering se planne om provinsiale regerings te skrap.
Zille se versoek kom nadat mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, eergister gesê het veranderings aan provinsiale en plaaslike regeringstrukture word bestudeer en sal in Maart volgende jaar in werking gestel word.
Luidens berigte is Shiceka ten gunste van die Wetsontwerp op die 17de Wysiging van die Grondwet, wat die sentrale regering uitgebreide magte sal gee om in te gryp op provinsiale en plaaslike regeringsvlak.
Hy wou eergister in ’n voorligtingsessie oor sy begrotingsrede gister in die parlement weet of daar regtig ’n behoefte is vir provinsiale regerings en hoe plaaslike regerings beter vir dienslewering ingespan kan word.
Zille het in reaksie hierop gesê Shiceka se steun vir die omstrede wetsontwerp maak ’n bespotting van sy posisie as minister van koöperatiewe regering, aangesien die Grondwet voorsiening maak vir samewerking tussen die drie regeringsvlakke.
Sy meen ook die ANC kan nie aanvaar dat die DA in die Wes-Kaap regeer nie en daarom is daar praatjies dat provinsiale regerings verminder of geskrap gaan word.
“As die grondwetlike wysiging deurgevoer word, kan ’n sentrale ANC-regering ’n plaaslike regering oorneem en só die kieser sy keuse ontneem om te stem vir wie hy wil,” het Zille gesê.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |