Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Magpie Princess-kandelaar is een van twee werke uit Barrydale wat nou in die Withuis hang. Pres. Barack Obama se binnenshuise versierder, mnr. Michael Smith, het vandeesweek twee kunswerke van Magpie Design Studio van Barrydale gekoop.                                   Foto: verskaf
Die Magpie Princess-kandelaar is een van twee werke uit Barrydale wat nou in die Withuis hang. Pres. Barack Obama se binnenshuise versierder, mnr. Michael Smith, het vandeesweek twee kunswerke van Magpie Design Studio van Barrydale gekoop.       Foto: verskaf
Nuus
Withuis met kandelare uit Barrydale versier
18/06/2009 10:59:48 PM - (SA)

Kaapstad. - Die nuutste kunstoevoeging tot pres. Barack Obama se nuwe tuiste is twee kandelare wat in Barrydale van onder meer plastiekdoppies, krale en weggooigoed gemaak is.

Die vier kunstenaars van Magpie Design Studio in Barrydale voer sedert Desember 2007 hul kunswerke uit na Amerika waar dit in Anthropologie, ’n leefstylwinkel, verkoop word.

Die agent wat hul uitvoere behartig, het Woensdagoggend die nuus oorgedra dat die Amerikaanse president se bekende binnenshuise versierder, mnr. Michael Smith, twee van hul werke vir die Withuis aangekoop het.

Die werke is die Magpie Princess-kandelaar en Magpie Showgirl-kandelaar, wat elk vir sowat $4 800 (R39 000) verkoop is.

Volgens mnr. Shane Petzer, wat Magpie Design Studio in 1998 in Kaapstad saam met mnr. Scott Hart gestig het, is hulle stomgeslaan.

“Dit is baie opwindend dat kunswerke wat in die leier van die grootste land ter wêreld se huis hang al die pad van ’n klein dorpie in Suid-Afrika af kom.

“Omdat Barrydale so klein is, versprei die nuus vinnig. Ons word oorval deur gelukwensings en SMS’e,” het Petzer gesê.

Hart en Petzer het in 2005 na Barrydale getrek, waar mnre. Sean Daniel en Richard Panaino by hulle aangesluit het.

Buite die Magpie-winkel is ’n houer geplaas waarin die gemeenskap hul weggooigoed kan sit wat vir die kunswerke gebruik kan word.

Volgens Daniel betrek hulle ook lede van die gemeenskap by hul projekte om hulle van kuns en herwinning te leer.

“Die kunswerke vertel die storie van hoe dinge tans in die wêreld is – dat ons dalk anders oor ons afval moet dink en iets daaromtrent moet doen,” het Petzer ­gesê.

Magpie het die afgelope twee jaar ook ’n Kersboom uit herwonne materiaal vir me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, gemaak.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |